Met sement stene en hout is hierdie oulike tuin tafel gemaak. Die ideale winter naweek projeek.
Jy kan maklik die idee neem en dit aanpas om 'n gerieflike gesins tafel te maak vir 'n buite onthaal area.
Op 'n kleiner skaal kan dit weer die maklikste en oulikste tuinbankies uitmaak.
Friday, 3 June 2011
Wenk teen miggies
Neem 'n glas potjie en vul dit met asyn. Trek "clingwrap" oor en druk gaatjies in dit. (Die gaatjies moenie te groot wees nie.) Die miggies sal agter die asynreuk aan gaan, maar nie weet hoe om weer uit die potjie te kom nie.
DIY - Tuinkas
Die winter maande is die ideale tyd om so 'n oulike projek aan te pak. 'n Ou afgeleefde kas het 'n nuwe kans op die lewe gekry met 'n mooi helder kleur verf en 'n paar hakkies aan die binnekant om tuin gereedskap aan op te hang. Bietjie plakpapier aan die agterkant en 'n paar oulike potjies rond die kleur verder af.
Vierkantige sink emmers is gebruik as pakplek, maar jy kan dit uitlos of vervang met plastiek bakke wat jy goedkoop by 'n plastiek fabriekswinkel kan koop. (Hulle kom ook in oulike kleure.)
Watter tuinier sal nou nie hou van so 'n pragtige kas nie en boonop is dit 'n komplimenterende meubelstuk vir enige stoep area.
Vierkantige sink emmers is gebruik as pakplek, maar jy kan dit uitlos of vervang met plastiek bakke wat jy goedkoop by 'n plastiek fabriekswinkel kan koop. (Hulle kom ook in oulike kleure.)
Watter tuinier sal nou nie hou van so 'n pragtige kas nie en boonop is dit 'n komplimenterende meubelstuk vir enige stoep area.
Bind 'n bossie vir smaak
Maak jou eie bouquet garni om geur aan sop, stowegeregte, aftreksels en vulsels te verleen. Lourierblare is een van die tradisionele bestanddele saam met tiemie, pietersielie en swartpeperkorrels. Bind die kruie in ’n stukkie moeseliendoek toe sodat jy dit later maklik kan uithaal.
Bouquet garni
Lourier - Laurus nobilis
Dié immergroen boom groei baie stadig en word sowat 3-4 m hoog (en sprei 2 m wyd). Die blare het ’n kenmerkende aroma en ’n skerp, effe bitter smaak.
Kweekwenke
• Plant die boom in vrugbare grond waarby baie kompos en goed verrotte kraalmis ingespit is.
• Grond moet goed dreineer en terselfdertyd nooit heeltemal uitdroog nie.
• Plant in ’n sonnige, redelik beskutte plek in halfson of halfskadu.
• Dit is ’n goeie plant vir groot houers en dit kan in dekoratiewe vorms gesnoei word.
Oeswenke en gebruike
• Lourierblare kan enige tyd geoes word.
• Was blare goed voor gebruik en wees op die uitkyk vir dopluise. Dit lyk soos wit en bruin “doppies” aan die onderkant van die blare. Vra by jou kwekery vir die beste spuitstof.
• Gebruik die blare in stowegeregte, sop, souse, aftreksel en piekels.
WEET JY?
Lourier is ’n natuurlike insekweerder. In China word rys tussen lourierblare verpak om kalanders uit te hou.
(Kyk onder resepte hoe om jou eie bouguet te maak)
Roline se Plaatkoekies vir die klein Monstertjies
•1 kop meel
•2 teel bakpoeier
•1 eier
•1 eetl kookolie
•½ teel sout
•2½ eetl strooisuiker
•½ kop melk
•1 teel vanielja
1) Klits al die nat bestanddele goed saam.
2) Sif die droeë bestanddele by en meng goed deur.
3) As die beslag te dik is verdun met bietjie water.
4) Gooi bietjie olie in 'n swaarboom pan op 'n matige plaat.
5) Skep lepelsvol in die pan, bietjie uit mekaar.
6) As daar borrels en gaatjies bo-op vorm is hulle gereed om om te draai.
7) Bedien met 'n klontjie botter en stroop of heuning.
8) Lekker vir enige tyd van die dag.
*Om mooi ronde plaatkoekies te kry gebruik eier ringetjies (om eiers te braai. Crazy Store verkoop 2 in 'n pakkie vir onder R20-00.) Skep 'n groot eetlepel vol deeg in die ringetjie en verwyder versigtig net voor om draai.
* Vir 'n lekker variasie kan mens 'n ietsie spesiaal op die plaatkoekie sit net voor jy dit omdraai. Mens kan eintlik enigiets op sit. Die in die foto het stukkies sjokolade en rosyne in. Maar enigiets kan werk, blou bessies, smarties, astros, vars vrugte stukkies, gekapte grondbone.
* Vir 'n "savoury" plaatkoekie: verminder die suiker na 1 teel, los die vanielja uit en maak die sout 'n volle teel. Sit bietjie gerasperde kaas op voor jy dit omdraai. OF weense worsie ringetjies, bros gebraaide spek, gebraaide sampioene, gaar groente ens. Bedien dit dan saam met 'n bietjie tamatiesous.
* Vir eier allergie kan die eier met 'n eetl Maizena op gelos in bietjie water vervang word.
* Onthou die plaatkoekie word nie lank op die tweede kant gebraai nie, moet liewers nie rou vulsels gebruik nie.
ALLERGENE: NEUTE, HEUNING, EIER
SPYSKAART - WEEK 4
MAANDAG Groentebrijani
DINSDAG Pampoensop
WOENSDAG Romerige Macaroni met Ham en Soetmielies
DONDERDAG Tunatert
VRYDAG Gevlekte Hoender oor die kole met ‘n slaai
RESEPTE - WEEK 4
GROENTEBRIJANI - Bedien 4 mense
Benodig:
Olyfolie, vir braai
1 Ui, fyngekap
1 pakkie (350g) Brijani-rysmaaltydpak
½ pakkie (500g) bevrore Blomkool
1 klein pakkie (80g) jong Spinasie
¼ pakkie (25g) Amandelvlokke, gerooster en gereed om op te dien
Vars Koljander en ongegeurde Joghurt, gereed om op te dien
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n kastrol en braai uie tot die begin verbruin. Voeg rys by en roerbraai vir ‘n paar sekondes.
Meng die sakkie speserye (uit die pak) met 900ml water en giet oor die rysmengsel.
Verhit rys tot dit kook, verminder hitte, bedek en laat vir 35 minute prut. Voeg groente by en kook vir nog 5 – 19 minute, of totdat blomkool gaar is.
Maak rys los met ‘n vurk en bedien met amandelvlokke, koljander en joghurt.
PAMPOENSOP - Genoeg vri 6 mense
Jou ma was reg, pampoen is goed vir jou.
Dit sorg vir baie meer as rooi wange en krulhare….
Benodig:
30ml Botter
2 Uie, in skywe gesny
500g Pampoen of botterskorsie, geskil en gekap
1.5l Hoenderaftreksel
1 Selderystingel, gekap
2 Aartappels, gekap
15ml Suurlemoensap
5ml Kerriepoeier
2ml fyn Komyn
3ml fyn Koljander
Sout en vars gemaalde Swartpeper na smaak
Verhit die botter in ‘n kastrol en sorter die uie en pampoen 5 minute oor matige hitte terwyl jy gedurig roer. Voeg die aftreksel, seldery, aartappels, sap, kerrie, komyn en koljander by, sit die deksel op en laat 30 minute prut. Maak dit fyn in ‘n voedselverwerker, geur met sout en peper en verhit voor ete.
ROMERIGE MACARONI MET HAM EN SOETMIELIES
Bedien 4 persone - Benodig:
1 pakkie (500g) Macaroni
1 blik (250ml) Suurroom
1 groot Eier, geklits
1 blik (410g) Roomsoetmielies
1 pakkie (125g) Laevetham, in repies
1 bossie Sprietuie, gekap
Sout en varsgemaalde Swartpeper
1 koppie (250ml) Cheddarkaas, gerasper
Voorverhit oond tot 180°C. Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar. Dreineer en plaas in ‘n groot oondvaste bak.
Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by en roer by pasta in. Bedek met kaas en bak vir 20 – 25 minute tot goudkleurig.
TUNATERT - Genoeg vir 4 mense
Benodig:
4 Eiers
60ml Mayonnaise
250ml Melk
30ml Blatjang
4 snye Brood, in water geweek
1 blik (170g) tuna, gedreineer
1 Ui, gekap
10ml gekapte vars of 5ml droë gemenge Kruie
Sout en vars gemaalde Swartpeper na smaak
250ml Kaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n groot tertbak deeglik. Klits die eiers, mayonnaise, melk en blatjang saam in ‘n mengbak. Meng die brood, tuna, ui en kruie by en geur met sout en peper. Skep dit in die voorbereide bak en sprinkel kaas oor. Bak 30 minute of tot gaar en sit dit saam met slaai voor.
GEVLEKTE HOENDER OOR DIE KOLE MET ‘N SLAAI - Genoeg vir 6 mense
‘n Wye verskeidenheid gevlekte hoenders in allerhande marinades is deesdae beskikbaar, maak seker jy kyk na die vervaldaum voor jy die hoender koop.
Benodig:
1 groot gemarineerde gevlekte Hoender
Braai die hoender oor matige kole tot gaar – ‘n ketelbraaier met ‘n deksel werk uitstekend. Gebruik andersins swaardiensfoelie of ‘n groot deksel en plaas dit oor die hoender sodat jy ‘n soort “oond” vir die hoender kan maak.
Indien die hoender te donker braai voor dit heeltemal gaar is, kan jy dit die laaste paar minute in ‘n voorverhitte oond van 180°C plaas.
Sny die hoender in stukke en sit dit voor saam met slaai.
WENK:
Gebruik hoenderprosies pleks van ‘n heel hoender – dit word gouer gaar. Ontbeende hoender (wat effens duurder is) word ook gouer gaar.
Die kole moet matig warm wees, anders gaan die marinade swart wees lank voor jou hoender gaar is.
Bedruip die hoender heeltyd met die marinade om dit ekstra geur te gee.
Thursday, 2 June 2011
Blikbroodjie
Bestanddele:
6 skoon lee blikkies
1 kg bruismeel
10 ml sout
2 blikkies bier
So gemaak:
Voorverhit oond tot 190°C
Sif die bruismeel en sout saam.
Voeg die bier by en meng goed met ‘n houtlepel.
Smeer 6 leë skoon blikkies goed met botter
Verdeel die deeg in gelyke dele en druk vas is gesmeerde blikkies. laat staan vir 15 min
Bak nou in voorverhitte oond, 30 min tot goudbruin.
Laat effens afkoel
Gebruik ‘n eet mes om die broodjies effens los te wikkel en keer versigtig uit die blikkies.
Sit voor met botter en heerlike konfyt, fyn gerasperde kaas.
(Boerekos)
6 skoon lee blikkies
1 kg bruismeel
10 ml sout
2 blikkies bier
So gemaak:
Voorverhit oond tot 190°C
Sif die bruismeel en sout saam.
Voeg die bier by en meng goed met ‘n houtlepel.
Smeer 6 leë skoon blikkies goed met botter
Verdeel die deeg in gelyke dele en druk vas is gesmeerde blikkies. laat staan vir 15 min
Bak nou in voorverhitte oond, 30 min tot goudbruin.
Laat effens afkoel
Gebruik ‘n eet mes om die broodjies effens los te wikkel en keer versigtig uit die blikkies.
Sit voor met botter en heerlike konfyt, fyn gerasperde kaas.
(Boerekos)
Buffet idee
Hier is nog 'n oulike idee vir swartbordverf. Weereens net "masonite"/ hard board wat geverf is en jy plaas dit op jou buffet tafel.
Skryf by elke bord of bak eetgoed die naam. Jy kan dit interressant maak deur bv. by 'n familie byeenkoms, te skryf "Tant Martie se hoenderpasty" of "Lena se komkommer ring".......
en as daar gemors word, is dit ook maklik om net met 'n nat lap skoon te vee.
Skryf by elke bord of bak eetgoed die naam. Jy kan dit interressant maak deur bv. by 'n familie byeenkoms, te skryf "Tant Martie se hoenderpasty" of "Lena se komkommer ring".......
en as daar gemors word, is dit ook maklik om net met 'n nat lap skoon te vee.
Speseryhoender
Vryf 8 hoenderporsies met 15 ml hoendermasala in en braai in olie tot alkant bruin. Skep dit uit en braai
2 gekapte uie, 5 ml vars gemmer, 5 ml gekapte knoffel en 2 gekapte groen brandrissies. Voeg 1 blik
gekapte tamaties, 12 kerrieblare en die gebraaide hoender by en prut tot gaar. Sit voor saam met basmati-rys en vars koljanderblare.
Kerrieblaarboom - Murraya koenigii
Kweekwenke
• Plant die boom in volson, hoewel dit ook in halfskadu sal groei.
• Koop ’n gevestigde boompie as jy kan, want steggies skiet moeilik wortel.
• Maak weekliks goed nat en bemes dit elke 6 weke met algemene bemesting soos erdwurmtee.
Oeswenke en gebruike
• Die blare kan heeljaar geoes word. Pluk takkies en stroop blare af soos jy dit nodig kry.
• Dit word in Oosterse kookkuns – veral Suid- en Sentraal-Indiese geregte – gebruik en gee ’n
heerlike geur aan kerriekos.
• Die blare kan gedroog word, maar dit sal binne 1 tot 2 maande hul geur verloor – moet
dit dus nie te lank bêre nie.Kerrieblare het ’n kenmerkende kerrieen suurlemoengeur en word dikwels in masala gebruik.
Kyk onder resepte vir 'n speseryhoender
’n Kerrieblaarboom in die agterplaas is menige kok se geheim vir daardie perfekte kerrie. Die boom word sowat 2 m hoog, maar dit groei stadig en kan in ’n pot geplant word.
Wednesday, 1 June 2011
Kruietuin
Deur die eeue heen het mense kruie gebruik om geur aan hul kos en huise te gee én kwale mee te behandel. Vandag kan jy jou skaars ’n geurige sop of bredie sonder die aromas van vars kruie voorstel. En hoewel die hele kruiespektrum deesdae vars en gedroog op die winkelrakke staan, kan niks by die varsgeplukte takkie of blaartjie uit jou eie tuin kers vashou nie.
’n Kruietuin by die agterdeur belowe jou maande se plesier – gereed vir die pluk. Die volgende kruie is meestal gehard teen winterkoue, somerhitte en die hitte van elke pot wat hulle met hul geur kom betower.
Kerrieblaarboom, Lourier, Marjolein, Origanum, Roosmalva, Roosmaryn, Salie, Seldery, Sitroengras, Tiemie
Gesonde kruie
Elkeen kan kruie plant, want jy het nie eens ’n klein tuin nodig nie – kry net ’n houer, enige houer, maak dit vol grond en kweek jou kruie. Binne óf buite.
LIGGING Kruie hou van heeldag of minstens halfdag son. Plant koskruie naby die kombuis, sodat dit byderhand is vir die plukslag.
GRONDSAMESTELLING Die meeste kruie hou nie van te veel water rondom hul wortels nie. Voeg baie kompos by om die grond ligter te maak en ’n ryk groeimedium te verskaf.
WATER Plant kruie met ’n soortgelyke waterbehoefte saam om die natlei te vergemaklik.
VERMY TE VEEL VOEDING Kruie ontwikkel ’n beter geur as hulle effens swaar kry. Moenie die kruie te veel vertroetel nie. Dis genoeg om twee keer per jaar kompos te gee.
Verf Wenke deur Arno Tietz -Geldenhuys
Ja, om nuwe huis te bou is groot pret maar so gesukkel om die regte kleur te kry.
Onthou dat jy met kleur inpak kan maak, en dat verf makliker is om te vervang as bv muurpapier. As basis werk jy met twee ideas:
1. Verf in neutrale kleure: wit, room, bruin of grys
2. Gebruik wat jy tans vir die vertrek het om jou kleur inspirasie te gee.
Op die meegaande foto het ons inpak op standaard room mure gemaak deur gebruik te maak van Dulux Natural Taupe en blokke op die muur te verf. Op die manier kan elke kamer bv in standaars kleur geverf word en inpak word gegee van daar af. Jy kan ook in alle vertrekke 3 van die mure dieselfde kleur verf en die 4de muur in kontrasterende kleur.
Ja, baie mense probeer ook altyd verskillende verf tegnieke, maar as jy nie vertroud met dit is nie en self wil doen kan dit tot BAIE fustrasie lei!
Daar is soveel aanplak "dekals" wat mens deesdae kry om kinder mure ook op te kikker. So verf die kamer in bv mooi sagte pink en geel bane en kry "butterfly" stickers en sit dit op die mure.
Of doen 'n bruinmuur in die seuntjie kamer en sit seerower stickers op.
Indien daar gladde sementmure in die kinders se kamers is oorweeg ook om swartbord verf te gebruik. Koop 'n mooi raam en sit dit teen die muur om die blok wat jy met die swartbord verf geverg het.
Om 'n klein badkamer met ligte teels groter te vertoon...gaan donker! Ja ek weet hulle se ligte kleur maak 'n vertrek groter, maar probeer donker bruin mure saam met room teels en ewe skielik reflekteer daai wit dat SO baie lig in die vertrek in, dan dit voel of daar extra ventsters in die vertrek is!
Ek hoop dit help om paar ideas te gee!
Jou gunstelingwors
Jou gunstelingwors, vars rolletjies & tamatiesmoor.
Tamatiesmoor:
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 2 blikke gekapte tamatie
• 2 eetlepels tamatiepasta
• 1 eetlepel witsuiker
• 2-3 eetlepels olyfolie
Winter Glühwein
1 bottel rooiwyn (750 ml)
30 ml brandewyn
30 ml brandewyn
1 k bruinsuiker
1 k water
1 lemoen, in dun skywe gesny
1 suurlemoen, in dun skywe gesny
1 lemoen, in dun skywe gesny
1 suurlemoen, in dun skywe gesny
Plus die sap van 2 lemoene
‘n kaneelstokkie of twee (volgens smaak)
2 naeltjies
2 k klaargemaakte rooibostee (2 teesakkies gemaak met 2 koppies water)
‘n kaneelstokkie of twee (volgens smaak)
2 naeltjies
2 k klaargemaakte rooibostee (2 teesakkies gemaak met 2 koppies water)
Swartbord tafel idee
'n Oulike idee is om hierdie "swart bord" te maak vir 'n buite tafel. As jy hom eers het, is dit maklik om hom eenvoudig bo-op jou tafeldoek te plaas en jy het sodoende onmiddelik iets wat die tafeldoek in die middagbriessie gaan vashou.
Jy kan dan maklik "plek-name" op jou bord skryf en dit verander volgens elke nuwe onthaal.
Neem "maisonite"/dun "hard board" en saag dit in die vorm van jou tafel. Verf dit dan net met swart bord verf.
Jy kan selfs die menu van die funksie in die middel skryf, sodat jou gaste tyd het om daarna te kyk, of skryf in die middel 'n gesegde of spreekwoord wat die mense aan die gesels gaan sit....
Jy kan dan maklik "plek-name" op jou bord skryf en dit verander volgens elke nuwe onthaal.
Neem "maisonite"/dun "hard board" en saag dit in die vorm van jou tafel. Verf dit dan net met swart bord verf.
Jy kan selfs die menu van die funksie in die middel skryf, sodat jou gaste tyd het om daarna te kyk, of skryf in die middel 'n gesegde of spreekwoord wat die mense aan die gesels gaan sit....
Bolplesier in water
Die maklikste manier om statige hiasinte te kweek is in spesiale glaspotte met nou nekkies wat by kwekerye te kry is.
Sit die bol knus in die nekkie van die glaspot en vul die pot met water tot net onder die basis van die bol. Dis belangrik om seker te maak die bol self staan nooit in water nie.
Hou die bol vir die eerste paar dae nadat dit geplant is, op 'n donker plek, byvoorbeeld 'n besemkas of in die motorhuis. Sodra die wortels begin uitloop in die rigting van die water en die groeipuntjie groen begin uitswel, kan jy die glaspot en bol op 'n plek sit waar dit baie lig kry, maar nooit direkte sonlig nie (vergeet dus van 'n warm vensterbank aan die noordekant van die huis). As die water dalk groen verkleur of 'n effense klankie afgee, kan jy dit met vars water vervang en selfs 'n bietjie Chrysal-snyblomkos bygooi.
Dit maak nie saak of jy 'n spesiale hiasintpot, nageregglase of glaspotjies gebruik nie. Dit vorm lieflike dekorelemente en sal jou gaste aan die gesels kry.
Hiasinte kan ook in glassilinders of vlak glasbakke geplant word. Vir 'n tikkie elegansie en as stutplek vir bolboudjies kan spierwit marmersplinters of gladde spoelklippies gebruik word.
Sit die bol knus in die nekkie van die glaspot en vul die pot met water tot net onder die basis van die bol. Dis belangrik om seker te maak die bol self staan nooit in water nie.
Hou die bol vir die eerste paar dae nadat dit geplant is, op 'n donker plek, byvoorbeeld 'n besemkas of in die motorhuis. Sodra die wortels begin uitloop in die rigting van die water en die groeipuntjie groen begin uitswel, kan jy die glaspot en bol op 'n plek sit waar dit baie lig kry, maar nooit direkte sonlig nie (vergeet dus van 'n warm vensterbank aan die noordekant van die huis). As die water dalk groen verkleur of 'n effense klankie afgee, kan jy dit met vars water vervang en selfs 'n bietjie Chrysal-snyblomkos bygooi.
Dit maak nie saak of jy 'n spesiale hiasintpot, nageregglase of glaspotjies gebruik nie. Dit vorm lieflike dekorelemente en sal jou gaste aan die gesels kry.
Hiasinte kan ook in glassilinders of vlak glasbakke geplant word. Vir 'n tikkie elegansie en as stutplek vir bolboudjies kan spierwit marmersplinters of gladde spoelklippies gebruik word.
Hoe om jou eie potgrond te maak
Hier is 'n maklike manier om jou eie potgrond te maak. - Marianne Alexander
4 dele grond van 'n molshoop
2 dele gesifte kompos
2 dele growwe reviersand (Nie bousand nie)
1 deel ou kraalmis
Voeg by elke vyf liter emmer 'n hand vol hoef-en-horing en beenbeel en 'n eetlepel superfosfaat.
Jy kan waterhoudende kristalle byvoeg.
Vir Suurliewende plante kan jy een derde van 'n vyf liter emmer suuragtige medium by voeg. (bv. dennebasplinterss, wattel- of eikeblaarmolm)
4 dele grond van 'n molshoop
2 dele gesifte kompos
2 dele growwe reviersand (Nie bousand nie)
1 deel ou kraalmis
Voeg by elke vyf liter emmer 'n hand vol hoef-en-horing en beenbeel en 'n eetlepel superfosfaat.
Jy kan waterhoudende kristalle byvoeg.
Vir Suurliewende plante kan jy een derde van 'n vyf liter emmer suuragtige medium by voeg. (bv. dennebasplinterss, wattel- of eikeblaarmolm)
Choc chip and mixed nut cookies - Julie Goodwin
Makes about 36 cookies
Prep time: 10 minutes
Cooking time: 12 minutes
185 g unsalted butter
1 cup caster sugar
1 egg
½ tsp vanilla essence
2 cups self-raising flour
¼ teaspoon salt
1 cup mixed nuts (salted is goo...d!), roughly chopped
1 x 250g pack choc bits or mixture of white and dark.
Preheat the oven to 180°C (160°C fan-forced). Line 2 large baking trays with non-stick baking paper.
Using electric beaters, cream the butter and sugar until pale and fluffy, then beat in the egg and vanilla. Gently mix in the sifted flour and the salt. Stir in the pecans and choc chips until they are combined.
Roll the mixture into balls about the size of a golf ball and place them on the prepared baking trays, about 6 cm apart to allow for spreading. Flatten them with a fork.
Bake for about 12 minutes. For a softer, chewy cookie get them out of the oven when they are just golden around the edges.
For a crisper, lighter cookie, wait until they are golden all over. Cool them on the trays for a couple of minutes until they firm up slightly, then transfer to a wire rack to cool completely. Store in an airtight container.
Tuesday, 31 May 2011
Swartbord verf idee
Ou kassies wat lyk of hul reeds hul dae gehad het, kan 'n nuwe baadjie aantrek deur hul net weer 'n nuwe lagie verf te gee. Hier is 'n oulike idee om die binnekant van die kasdeurtjie met swartbord verf te verf en sodoende het jy jou eie "versteekte" inkopielysie.
Komkommers en uie
Ingelegde Komkommers en Uie (Lizelle Lehman De Jager)
4 groot uie in ringe gesny
1 groot engelse komkommer
kook 1 kop water, gooi uie en komkommer in en kook tot droog
voeg by:
1 kop asyn
1 kop suiker
2 eetl kerrie
2 tl mosterdpoeier
1 tl pietrsielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos,moenie droogkook nie, Meng 2 eetl mielieblom met 1 kop asyn en gooi by, kook tot verdik, bottel dadelik warm.
1 groot engelse komkommer
kook 1 kop water, gooi uie en komkommer in en kook tot droog
voeg by:
1 kop asyn
1 kop suiker
2 eetl kerrie
2 tl mosterdpoeier
1 tl pietrsielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos,moenie droogkook nie, Meng 2 eetl mielieblom met 1 kop asyn en gooi by, kook tot verdik, bottel dadelik warm.
Antirrhinum majus (Snapdragon / Leeubekkies)
Leeubekkies kan enige tuin in die lente opvrolik met hul groot verskeidenheid kleure. Die eerste leeubekkies begin gewoonlik so vanaf Julie maand blom.
As jy hulle nognie in jou tuin het nie, kyk by die kwekerye vir saailinge. Hulle hou meestal van volson, maar sal uithou met ‘n bietjie skadu. Saadjies kan nog gedurende Junie met welslae gesaai word vir ‘n later blom seisoen.
Winterkoue en lentebolle
Die winter is hier en dis nie aldag meer lekker om buite in die koue te werskaf nie. As jy egter nognie jou lente bolletjies in die grond het nie, gaan jy baie spyt wees wanneer lente opdaag en daar is geen blommetjie in jou tuin nie.
Kom ek deel ‘n geheim of twee. Die tuinboeke en kenners sê jy moet die grond voorberei en jy moet die bolletjies teen einde herfs in die grond hê, ens….maar September reën dit partykeer nog en breek lente eers regtig Oktober maand (die mooiste mooiste maand) aan.
Dit hoef nie ure se werk te kos nie. Sodra die sonnetjie kans gee tussen die reën buie, hardloop uit en druk die bolletjies oral in die tuin. Reguit rye is buitendien vervelig en jy kan altyd later op ‘n sonnige dag die onkruid uittrek en die afrondingswerk doen.
As daar genoeg tyd is, gryp die hand tuingrafie/vurkie en maak die grond sommer so los soos jy aangaan. Dis regtig nie ‘n werkie wat baie lank hoef te neem nie, maar ten minste is jou bolletjies dan in die grond en gereed om te begin groei.
Hoesgoed
Tisha Barnard
onthou jul nog die boere hoesgoed vir kinders??
Kook 1 koppie suiker en 1 koppie asyn, en laat afkoel. Voeg by 2 bottels lennon borsdruppels, 2 bottels lennon paragorie elikser en 1 koppie heuning daarby. Dit is so 'n taaaaaai storie, maar werk soos 'n bom.
***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie. Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets. Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding. In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.
Kook 1 koppie suiker en 1 koppie asyn, en laat afkoel. Voeg by 2 bottels lennon borsdruppels, 2 bottels lennon paragorie elikser en 1 koppie heuning daarby. Dit is so 'n taaaaaai storie, maar werk soos 'n bom.
***Ons beskou hierdie inligting NIE as dokter's raad nie. Raadpleeg dus eers u huisdokter voor u enige raad self volg / uit toets. Hierdie inligting is bloot wat ons lede deel uit hul eie ondervinding. In en om die huis dra geen verantwoordelikheid vir die korrektheid van inligting nie.
Monday, 30 May 2011
Wenk vir die raklewe van groente, ens
Om groente en vrugte veral blaarslaai en pietersielie langer te laat hou, tap ‘n wasbak vol koue water en voeg 15ml Milton daarby. Spoel die groente en vrugte daarin af. Dit steriliseer die groente en vrugte omdat dit al die bakteriee op die oppervlak vernietig. Selfs verlepte groente en vrugte kan so varser gemaak word. Dit is belangrik dat groente nie in ‘n plas water moet lê wanneer dit verkoel word nie. Draai dit toe in absorberende papierhanddoek en plaas in ‘n plastiek sak of houer. Die plastiek houer kan ook met papierhanddoek uitgevoer word en gebruik ‘n dreineerrakkie onder in indien moontlik. So kan die groente en vrugte tot twee weke lank in die koelkas hou.
Wenk vir oorskiet wyn
Gooi die oorskietwyn in ysblokhouers, vries dit en gebruik dit later in sous en geregte.
Wenk vir koekbak
As 'n koekresep sê jy moet die bodem van die pan met meel strooi, gebruik sommer van die droë koekmengsel, dan sal daar nie wit meel onder aan die koek wees nie.
Wenk vir roomyshorinkie
Sit 'n Klein "marshmallow" in die onderpunt van 'n roomyshorinkie om te keer dat die roomys lek.
Te veel sout in 'n dis?
As jy per ongeluk te veel sout by 'n dis gegooi het terwyl dit nog kook, gooi 'n geskilde aartappel by, die sout sal opgetrek word
Wenk vir groente gouer sag te kook
Om groente gouer te laat sag kook, voeg 'n teelepel suiker by terwyl dit kook
Wenk vir ie bak van 'n eier
Wanneer jy eiers bak, sprinkel 'n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan oopbreek, die eier sal nie aan die bodem van die pan vas sit nie
Wenk dat worsies nie oopbars
Om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die pan bak
Wenk vir sappige hoender
Om hoender sag en sappig te hou, gooi 'n koppie suurlemoensap oor dit voordat jy dit gaar maak
Wenk om vleis sag te maak
Om vleis sag te maak as jy dit stowe,gooi 2 teelepels gemmer by, asyn kan ook in gegooi word
Wenke vir bedompige reuke
Bedompige reuke in ‘n klere- en linnekas kan verdryf word deur gegeurde badsout daarin te plaas
Wenk vir ou ysbakkies
‘n Ysbakkie wat gekraak is en nie meer in die yskas gebruik kan word nie, kan nuttige pakplek verskaf vir knope, drukkertjies, en naalde wat in naaldwerk gebruik word.
Wenk vir geskenkpapier
In geval van nood, kan ‘n geskenk aantreklik toe gedraai word in alimuniumfoelie as jy dalk nie geskenkpapier het nie.
Wenk vir verbleikte gordyne
Om verbleikte gordyne oor ‘n tydperk te voorkom, skuif hulle rond nadat hulle gewas is sodat almal aan sonlig blootgestel word en meer eweredig bleik.
Wenk vir rook reuk
Verwyder ‘n rook reuk wat gaste in ‘n vertrek laat deur ‘n piering asyn in die vertrek te los.
Wenk vir tamaties
Plaas groen tamaties in 'n papiersak saam met 'n ryp piesang as jy wil hê hulle moet gou ryp word.
Wenk vir die verdikking van sous
Om oondgeregte en pasteivulsels te verdik, kan jy ‘n pakkie “Smash” gebruik. Dit
is smaakliker as meelblom en vorm ook nie klonte nie
Wenk vir vis
Laat bevrore vis in melk ontdooi. Melk trek die “bevrore” smaak daaruit en
gee aan die vis ‘n vars geur.
Wenk vir oorskiet-toebroodjies
Doop oorskiet-toebroodjies in ‘n mengsel van eier en melk en braai dit in olie.
Wenk Kleefplastiek
As kleefplastiek opfrommel, hou dit 'n minuut oor warm water en die stoom sal dit ontplooi
Wenk om Aartappels te verhit
Om gebakte aartappels weer te verhit, doop hulle eers in kookwater en bak hulle weer vir 25 minute lank in die oond by 180C.
Wenk vir pasta
Kook die pasta, dreineer goed. Moenie die pasta afspoel nadat dit gedreineer is nie, anders sal die sous nie goed kleef nie.
Wenk vir gegeurde rys
Voeg ‘n teelepel droë klapper en ‘n pakkie sampioensop by jou rys vir ‘n heerlike geur.
Wenke Bros Aartappels
Gebakte aartappels sal heerlik bros wees as hulle halftyd deur die bakproses met
meelblom bestrooi word.
Wenke Vars Gemmer
Bêre vars gemmer in bladfoelie in die vrieskas. As jy dit nodig kry, rasper die nodige hoeveelheid en plaas terug in die vrieskas.
Wenke Kondensmelk
Kondensmelk kan soos room geklop word as dit eers vir 10 minute lank in ‘n pot kookwater warm gemaak word.
Wenke Suurlemoene
• Suurlemoensap keer dat sampioene verkleur.
• Suurlemoene sal langer vars en sappig bly as dit in koue water gebêre word. Vervang die water elke dag.
Wenke Sampioene
Bêre sampioene in ’n bruin papiersak in die yskas en nie in ’n plastiese sak nie. Dit behoort ’n week lank goed te bly.
Wenke Aartappels
• Was aartappelskyfies in warm water en droog goed af voordat dit gebak word. Dit sal voorkom dat die skyfies aan mekaar vasklou.
• Voeg 5 ml bakoeier by olie om aartappelskyfies bros te kry.
Braai-Paai
Bestandele:
2 rolle skilferkorsdeeg
1 pakkie gesnipperde spek
1 ui
1 rooirissie
1 geelrissie
1 pak sampioene
Fetakaas, Mozzarellakaas, Cheddarkaas
Lucky Packets
Gebruik ‘n bruin papier sakkies met helder kleurige prentjies van bv. Hanna Montana (geskenkpapier).
Binne in sit ons 'n paar sweeties, 'n speeldingetjie, 'n pakkie goedkoop chips(cheesepops) net om die pakkie... voller te laat lyk!
Bo punch ons 2 gaatjies in en dan druk ons 'n sherbet strootjie deur! Probeer altyd die maksimum insit vir die minimum prys! Sorg dat jou pakkies nie te duur is nie en dat jou tafel kleurvol is!
Marshmallows op sosatie stokkies
Marshmallows op sosatie stokkies, dip die boonste deel in chocolate en versier met hundreds en thousands
Vissievang
Vissievang, maak ‘n visstokkie met ‘n magneet aan, sit vissies (onthou om ‘n paperclips aan die vissie vas te maak) in ‘n bak. Elke vissie wat gevang word kan die persoon een prys kry bv ‘n luckypacket
Oatslekkers
...kids love it en dis baie maklik..
500ml suiker
125ml melk
125ml kakao
60ml(g) botter
250ml klapper
5ml vanielje
750ml oats
Kook suiker, melk, kakao en botter vir 5 min lank saam. Verwyder van stoof en voeg die klapper, vanielje en oats by en meng vinnig anders raak dit hard en bros. Skep lepels vol op waspapier of gesmeerde pan en laat koud word...yummy
Popcorn Handskoen
Handskoene met nickerball in elke vinger, maak vol met popcorn, knoop toe met rekkie. (Handskoene by apteek verkrygbaar)
Pofrys-koekievorms
Maak: 10-15 vormpies
110 ml (100 g) margarien
250 g malvalekkers
pienk of groen koskleursel
1 610 ml (180 g) Rice Krispies
100 g witsjokolade, gesmelt
kleurstrooisels en reënboogvermicelli
250 g malvalekkers
pienk of groen koskleursel
1 610 ml (180 g) Rice Krispies
100 g witsjokolade, gesmelt
kleurstrooisels en reënboogvermicelli
Smelt die margarien en malvalekkers saam in 'n kastrol. Roer 'n paar druppels pienk of groen koskleursel by. (As jy groen koskleursel ingooi, gebruik net wit malvalekkers.)
Haal die kastrol van die plaat af en roer die Rice Krispies by. Skep die mengsel in 'n gesmeerde oondpan, druk dit stewig was en laat dit stol.
Gebruik koekiedrukkers om verskillende vormpies uit te druk (of sny dit sommer in blokkies). Haal die vormpies uit en pak dit op 'n skinkbord.
Verf die bokant van elke vormpie met gesmelte witsjokolade. Sprinkel kleur- of ander strooisels van jou keuse bo-oor. Sodra dit gestol het, pak dit in sellofaansakkies. Vou helderkleurige papier of karton oor die bokant van die sakkies en kramdit vas omaf te rond
Sjokoladefudge
Maak: omtrent 50 blokkies
300 ml ingedampte melk
945 ml (800 g) suiker
100 ml (30 g) kakaopoeier
75 ml (70 g) gouestroop
60 g botter
10 ml vanieljegeursel
945 ml (800 g) suiker
100 ml (30 g) kakaopoeier
75 ml (70 g) gouestroop
60 g botter
10 ml vanieljegeursel
Gooi die ingedampte melk, suiker, kakaopoeier en gouestroop in 'n kastrolletjie en verhit dit stadig saam met 'n knippie sout. Roer die mengsel totdat die suiker opgelos het. Laat dit stadig prut en roer dit af en toe totdat die mengsel die sagtebalstadium bereik ('n druppel van die mengsel sal 'n sagte bal vorm as jy dit in 'n bakkie koue water gooi). Dit behoort omtrent 'n uur te duur.
Voeg die botter en vanieljegeursel by. Haal die mengsel van die plaat af en klop dit met 'n houtlepel totdat dit dik en romerig word. Gooi dit in 'n gesmeerde pan van 25 cm en laat dit afkoel. Sny dit in klein blokkies.
Lekkergoedhorinkies
Maak: 10
50g sjokolade, in stukkies gebreek
10 kleurryke roomyshorinkies
kleurstrooisels, sjokoladevermicelli en reënboogvermicelli
gemengde lekkergoed
10 kleurryke roomyshorinkies
kleurstrooisels, sjokoladevermicelli en reënboogvermicelli
gemengde lekkergoed
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond of in 'n bak oor 'n kastrol met kokende water.
Verf die ronde deel van die roomyshorinkies met gesmelte sjokolade en rol dit in die strooisels. Laat dit op 'n skinkbord droog word.
Sodra die sjokolade hard is, maak elke horinkie vol lekkergoed. Draai dit in sellofaan toe en bind dit met 'n lint vas.
Sodra die sjokolade hard is, maak elke horinkie vol lekkergoed. Draai dit in sellofaan toe en bind dit met 'n lint vas.
'Fruity Loops' necklaces & armbandjie
Koop 'n 2kg sak 'fruity loops' sirkelvormige puff wat in baie kleure gemeng is in sak met 'n versiersuiker bolaag. Kinders vrek daaroor!
Neem gewone hekelgare (kyk vir rekgare dit sal ook lekker werk) en knip in 50cm lengtes. Ryg die 'fruity loops' en knoop necklace, maak 'n korter een vir 'n armbandjie.
Subscribe to:
Posts (Atom)






























