Wednesday 1 June 2011

Bolplesier in water

Die maklikste manier om statige hiasinte te kweek is in spesiale glaspotte met nou nekkies wat by kwekerye te kry is.























Sit die bol knus in die nekkie van die glaspot en vul die pot met water tot net onder die basis van die bol. Dis belangrik om seker te maak die bol self staan nooit in water nie.


















Hou die bol vir die eerste paar dae nadat dit geplant is, op 'n donker plek, byvoorbeeld 'n besemkas of in die motorhuis. Sodra die wortels begin uitloop in die rigting van die water en die groeipuntjie groen begin uitswel, kan jy die glaspot en bol op 'n plek sit waar dit baie lig kry, maar nooit direkte sonlig nie (vergeet dus van 'n warm vensterbank aan die noordekant van die huis). As die water dalk groen verkleur of 'n effense klankie afgee, kan jy dit met vars water vervang en selfs 'n bietjie Chrysal-snyblomkos bygooi.














Dit maak nie saak of jy 'n spesiale hiasintpot, nageregglase of glaspotjies gebruik nie. Dit vorm lieflike dekorelemente en sal jou gaste aan die gesels kry.
Hiasinte kan ook in glassilinders of vlak glasbakke geplant word. Vir 'n tikkie elegansie en as stutplek vir bolboudjies kan spierwit marmersplinters of gladde spoelklippies gebruik word.