Wednesday 1 June 2011

Swartbord tafel idee

'n Oulike idee is om hierdie "swart bord" te maak vir 'n buite tafel.  As jy hom eers het, is dit maklik om hom eenvoudig bo-op jou tafeldoek te plaas en jy het sodoende onmiddelik iets wat die tafeldoek in die middagbriessie gaan vashou. 

Jy kan dan maklik "plek-name" op jou bord skryf en dit verander volgens elke nuwe onthaal. 

Neem "maisonite"/dun "hard board" en saag dit in die vorm van jou tafel.  Verf dit dan net met swart bord verf.

Jy kan selfs die menu van die funksie in die middel skryf, sodat jou gaste tyd het om daarna te kyk, of skryf in die middel 'n gesegde of spreekwoord wat die mense aan die gesels gaan sit....