Monday 30 May 2011

Pofrys-koekievorms

















Maak: 10-15 vormpies

110 ml (100 g) margarien
250 g malvalekkers
pienk of groen koskleursel
1 610 ml (180 g) Rice Krispies
100 g witsjokolade, gesmelt
kleurstrooisels en reënboogvermicelli
Smelt die margarien en malvalekkers saam in 'n kastrol. Roer 'n paar druppels pienk of groen koskleursel by. (As jy groen koskleursel ingooi, gebruik net wit malvalekkers.)

Haal die kastrol van die plaat af en roer die Rice Krispies by. Skep die mengsel in 'n gesmeerde oondpan, druk dit stewig was en laat dit stol.

Gebruik koekiedrukkers om verskillende vormpies uit te druk (of sny dit sommer in blokkies). Haal die vormpies uit en pak dit op 'n skinkbord.

Verf die bokant van elke vormpie met gesmelte witsjokolade. Sprinkel kleur- of ander strooisels van jou keuse bo-oor. Sodra dit gestol het, pak dit in sellofaansakkies. Vou helderkleurige papier of karton oor die bokant van die sakkies en kramdit vas omaf te rond