Showing posts with label Spyskaart vir die week. Show all posts
Showing posts with label Spyskaart vir die week. Show all posts
Tuesday, 1 July 2014
Preserveermiddel vir blomme
SLIM IDEE: Preserveermiddel vir blomme
Meng twee eetlepels wit asyn en twee teelepels suiker met een liter water. Onthou om jou blomme weg te hou van direkte sonlig en om die water in die vaas daagliks te vervang.
Saturday, 29 October 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 21
SPYSKAART WEEK 21
MAANDAG Kool Frikkadelle
DINSDAG Visgebak
WOENSDAG Suikermielie en Spektert
DONDERDAG Varkworsie-en-rysdis
VRYDAG Johan se lasagne-pot
Thursday, 20 October 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 20
MAANDAG Chicken Breasts
DINSDAG Baked Vienna Pasta
WOENSDAG Kaas en Hamtert
DONDERDAG Bobotie
VRYDAG Bacon, Egg, and Toast Cups
MAANDAG: CHICKEN BREASTS
6 chicken breasts,boned
1 bag potato chips,crushed
1 stick butter
1/2 tsp.Salt
Friday, 7 October 2011
SPYSKAART WEEK 19
MAANDAG Vinnige Pasta gereg
DINSDAG Tuna topped veggie fitters
WOENSDAG Beefstroganoff
DONDERDAG Hoenderkerrie
VRYDAG Sosaties
MAANDAG: Vinnige Pasta gereg
Benodig:
250g maalvleis
1 ui (gekap)
1 klein blikkie tamatie en uiesmoor (of gebraaide uie en tamatie – 1 ui en 1 tamatie)
½ pakkie bruin uie soppoeier
2 koppies macaroni
Friday, 30 September 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 18
SPYSKAART WEEK 18
MAANDAG Tjopkasserol met macaroni
DINSDAG Tunatert
WOENSDAG Vleislose pizza broodjies
DONDERDAG Tomato beef stew
VRYDAG Bovril Hoender (RSG)
Chantelle Geldenhuys
6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeelblom
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeelblom
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
Friday, 23 September 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 17
WOENSDAG Pastorie hoender
DONDERDAG Green bean and carrot stew
VRYDAG Mossels met room
Rol ‘n rolletjie gekoopte skilferdeeg dun uit om in ’n 23 cm pasteibak te pas.
olie
450 g maalvleis
2 uie, in blokkies opgesny
1 soetrissie, in blokkies opgesny
sout
olie
450 g maalvleis
2 uie, in blokkies opgesny
1 soetrissie, in blokkies opgesny
sout
Monday, 5 September 2011
SPYSKAART WEEK 16
MAANDAG Wors met kaas en appels
DINSDAG Karel se vegeratiese gereg
WOENSDAG Hoender in die oond
DONDERDAG Broccoli en pasta gereg
VRYDAG Sampioen-omelet
MAANDAG: Wors met kaas en appels
1 kg wors
60 mℓ meel
15 mℓ asyn
4 appels, afgeskil, pitte verwyder en in ringe gesny
500 mℓ warm water
2,5 mℓ sout
30 mℓ bruinsuiker
250 g cheddar, in snye gesny
Bak die wors stadig in ’n pan tot dit gaar is volgens jou voorkeure.
Verwyder die wors en roer die meel by die pansappe. Roer tot die sous glad en bruin is.
Voeg geleidelik die water by en hou aan met roer. Kook tot die sous begin dik word.
Voeg die asyn en sout by.
Plaas die wors in ’n oondskottel, rangskik die appels bo-op, strooi die bruinsuiker oor en gooi die sous oor.
Plaas die skottel se deksel op en bak in ’n 180ºC oond vir 30 minute.
Plaas die kaas op die appels en plaas onder die oondrooster tot die kaas gesmelt en bruin is.
60 mℓ meel
15 mℓ asyn
4 appels, afgeskil, pitte verwyder en in ringe gesny
500 mℓ warm water
2,5 mℓ sout
30 mℓ bruinsuiker
250 g cheddar, in snye gesny
Bak die wors stadig in ’n pan tot dit gaar is volgens jou voorkeure.
Verwyder die wors en roer die meel by die pansappe. Roer tot die sous glad en bruin is.
Voeg geleidelik die water by en hou aan met roer. Kook tot die sous begin dik word.
Voeg die asyn en sout by.
Plaas die wors in ’n oondskottel, rangskik die appels bo-op, strooi die bruinsuiker oor en gooi die sous oor.
Plaas die skottel se deksel op en bak in ’n 180ºC oond vir 30 minute.
Plaas die kaas op die appels en plaas onder die oondrooster tot die kaas gesmelt en bruin is.
DINSDAG: Karel se vegeratiese gereg
'n Lekker vegetariese resep:
2 middelslag eiervrugte
1 klein ui gekap
1 fyn knoffelhuisie
½ koppie gevriesde “klein” groente (soos ertjies, mielies en geblokte wortels)
braaivleisspesserye
sout en peper na smaak
Non-stick pan (dit werk beter as om olie in 'n pan te gooi omdat die eiervrugte baie absorberend is kan jy met 'n olierige gemors eindig. As jy 'n gewone pan en olie gebruik moet dit verkieslik olyfolie wees)
Metode:
Kap die rou eiervrug in klein stukkies, kleiner as jou pinkienael. Jy kan dit ook in 'n voedselverwerker “pulse” maar oppas, jy is nie besig om 'n melkskommel te maak nie.
Braai die gekapte eiervrug asof dit maalvleis is in die droë pan, roer heeltyd om te keer dat dit water trek. Voeg die uie en knoffel by.
Sprinkel braaivleisspesery mildelik oor.
As die eiervrug gaar en bruin is kan jy die groente byvoeg en roer totdat dit goed warm en gaar is.
Proe en gooi sout en peper na smaak.
Bedien saam met bruinrys, gevlokte aartappel of sommer net op brood.
Dit kan ook as 'n vulsel vir pasteie of herders-pastei gebruik word.
2 middelslag eiervrugte
1 klein ui gekap
1 fyn knoffelhuisie
½ koppie gevriesde “klein” groente (soos ertjies, mielies en geblokte wortels)
braaivleisspesserye
sout en peper na smaak
Non-stick pan (dit werk beter as om olie in 'n pan te gooi omdat die eiervrugte baie absorberend is kan jy met 'n olierige gemors eindig. As jy 'n gewone pan en olie gebruik moet dit verkieslik olyfolie wees)
Metode:
Kap die rou eiervrug in klein stukkies, kleiner as jou pinkienael. Jy kan dit ook in 'n voedselverwerker “pulse” maar oppas, jy is nie besig om 'n melkskommel te maak nie.
Braai die gekapte eiervrug asof dit maalvleis is in die droë pan, roer heeltyd om te keer dat dit water trek. Voeg die uie en knoffel by.
Sprinkel braaivleisspesery mildelik oor.
As die eiervrug gaar en bruin is kan jy die groente byvoeg en roer totdat dit goed warm en gaar is.
Proe en gooi sout en peper na smaak.
Bedien saam met bruinrys, gevlokte aartappel of sommer net op brood.
Dit kan ook as 'n vulsel vir pasteie of herders-pastei gebruik word.
WOENSDAG: Hoender in die oond
1 hoender, in stukke gesny
5 mℓ rissiepoeier
5 mℓ paprika
5 mℓ sout
5 mℓ fyngesnyde knoffel
5 mℓ fyngesnyde, vars gemmer
35 mℓ suurlemoensap
35 mℓ olie
Meng al die bestanddele saam - behalwe die hoender.
Plaas die hoender in die mengsel, bedek en hou oornag in die yskas.
Spuit ’n oondplaat en rangskik die hoenderstukke daarop.
Bak vir 30 minute in ’n 180ºC. Draai na 15 minute die stukke om.
Bedien die hoender saam met ’n groen slaai en Portugese rolletjies.
Vir happies kan jy hoendervlerkies vir die resep gebruik.
5 mℓ rissiepoeier
5 mℓ paprika
5 mℓ sout
5 mℓ fyngesnyde knoffel
5 mℓ fyngesnyde, vars gemmer
35 mℓ suurlemoensap
35 mℓ olie
Meng al die bestanddele saam - behalwe die hoender.
Plaas die hoender in die mengsel, bedek en hou oornag in die yskas.
Spuit ’n oondplaat en rangskik die hoenderstukke daarop.
Bak vir 30 minute in ’n 180ºC. Draai na 15 minute die stukke om.
Bedien die hoender saam met ’n groen slaai en Portugese rolletjies.
Vir happies kan jy hoendervlerkies vir die resep gebruik.
DONDERDAG: Broccoli en pasta gereg
200 pipe rigate, of enige kort pasta van jou keuse, gaargemaak volgens aanwysings op die verpakking
1 blikkie tuna, gedreineer en gevlok
300 g vars broccoli, in blommetjies gesny
1 blikkie gesnipperde sampioene, 200 g gedreineer
60 mℓ wituiesoppoeier
150 mℓ melk
150 mℓ kookwater
100 g cheddar, gerasper
Smeer ’n oondskottel met botter en versprei die gedreineerde pasta op die bodem.
Versprei die tuna oor die pasta.
Blansjeer die broccoli vir 1 minuut in kookwater. Behou 150 mℓ van die water. Versprei die broccoli oor die tuna.
Meng die uiesop en melk tot glad.
Roer by die water, terwyl jy dit verhit. Bly roer tot dit kook en begin verdik. Bly roer vir 2 minute. Gooi die sous oor die gereg.
Strooi die cheddar oor.
Bak in ’n 180ºC oond vir 30 minute.
1 blikkie tuna, gedreineer en gevlok
300 g vars broccoli, in blommetjies gesny
1 blikkie gesnipperde sampioene, 200 g gedreineer
60 mℓ wituiesoppoeier
150 mℓ melk
150 mℓ kookwater
100 g cheddar, gerasper
Smeer ’n oondskottel met botter en versprei die gedreineerde pasta op die bodem.
Versprei die tuna oor die pasta.
Blansjeer die broccoli vir 1 minuut in kookwater. Behou 150 mℓ van die water. Versprei die broccoli oor die tuna.
Meng die uiesop en melk tot glad.
Roer by die water, terwyl jy dit verhit. Bly roer tot dit kook en begin verdik. Bly roer vir 2 minute. Gooi die sous oor die gereg.
Strooi die cheddar oor.
Bak in ’n 180ºC oond vir 30 minute.
VRYDAG: Sampioen-omelet
4 eetlepels botter
4 eetlepels olyfolie
125 g baba sampioene
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
25 g sprietuie, fyn opgesny
8 eiers, geskei en apart geklits - die wit moet styf wees
100 g beleë cheddar, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit die olie en 2 eetlepels botter in 'n groot pan en braai die sampioene tot gaar.
Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 minuut.
Vou die afsonderlike dele eier bymekaar tot dit goed gemeng is.
Verwyder die sampioene uit die pan en verhit die oorblywende 2 eetlepels botter.
Voeg die eier by en bak vir 2 - 3 minute.
Plaas die kaas, sprietuie en sampioene op een helfte. Geur met sout en peper. Vou toe en bak tot die kaas begin smelt.
Sit voor saam met ciabatta
4 eetlepels olyfolie
125 g baba sampioene
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
25 g sprietuie, fyn opgesny
8 eiers, geskei en apart geklits - die wit moet styf wees
100 g beleë cheddar, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit die olie en 2 eetlepels botter in 'n groot pan en braai die sampioene tot gaar.
Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 minuut.
Vou die afsonderlike dele eier bymekaar tot dit goed gemeng is.
Verwyder die sampioene uit die pan en verhit die oorblywende 2 eetlepels botter.
Voeg die eier by en bak vir 2 - 3 minute.
Plaas die kaas, sprietuie en sampioene op een helfte. Geur met sout en peper. Vou toe en bak tot die kaas begin smelt.
Sit voor saam met ciabatta
Thursday, 25 August 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 15
SPYSKAART WEEK 15
MAANDAG Worsgebak
DINSDAG Liquid Fruit Hoender
WOENSDAG Warm Groente Slaai
DONDERDAG Maalvleis Pastei met Ryskors
VRYDAG Taai ribbetjies met lemoensap
MAANDAG: WORSGEBAK
30 ml sonneblomolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie
500 ml kookwater
15 ml blatjang
5 ml sout
2 ml peper
500 g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes
300 g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering
Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 min.
Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut..
Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200°C vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor
DINSDAG: LIQUID FRUIT HOENDER
1 hoender in stukkie gesny (ek gebruik altyd ‘n pak met 4 dye en 4 boudjies)
1 koppie appelkoossag (liquid fruit)
1 klein blikkie halwe applkose
1 pakkie bruin uiesop
Rol hoender in soppoeier. Plaas in vuurvaste bak. Gooi sap oor. Strooi die res van die soppoeier oor. Dreineer die appelkose en gooi oor hoender. Bak vir 45 minute by 180°C tot gaar.
WOENSDAG: WARM GROENTE SLAAI
250ml vars room
500g botterskorsie opgesny in ½ - 1cm vingers
400g murgpampoentjies in ringetjies gesny
250g sampieoene
45g bruin uiesop
Spuit oondvaste bak met Spray ‘n Cook en pak groente in 3 lae. Dit is beter om die botterskorsie onder, murgpampoentjies in die middel en die sampioene bo-op te pak. Strooi die pakkie bruin uiesop bo-oor en gooi die room eweredig oor die groente. Bedek die bak met tinfoelie en bak die groente in ‘n oond by 180°C vir 30 – 45 minute of tot die botterskorsie sag is.
DONDERDAG: MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS
1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5 ml koljander
37,5 ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50 ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep kors oor vleismengsel.
Kors:
2 eiers
125 ml melk
12,5 ml gesmelte botter
125 ml gaar rys
125 ml meelblom
5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC.
VRYDAG: Taai ribbetjies met lemoensap
Genoeg vir 4 mense
sowat 1,5 kg lamsribbetjies
MARINADE
80 ml lemoensap
15 ml sojasous
30 ml heuning
60 ml tamatiesoius
15 ml olie
sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die ribbetjies in kleiner porsies en meng al die bestanddele van die marinade.
sowat 1,5 kg lamsribbetjies
MARINADE
80 ml lemoensap
15 ml sojasous
30 ml heuning
60 ml tamatiesoius
15 ml olie
sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die ribbetjies in kleiner porsies en meng al die bestanddele van die marinade.
Marineer die ribbetjies vir sowat 30 minute of verkieslik oornag.
Pak die ribbetjies met die marinade in ’n groot oondbak en bedek met foelie.
Bak sowat 30 minute.
Verwyder die foelie en bak tot taai en gaar. (Draai die ribbetjies om sodat dit alkante gebraai word en skep die marinade oor die ribbetjies terwyl dit braai).
Friday, 19 August 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 14
SPYSKAART WEEK 14
MAANDAG Beef Stroganoff
DINSDAG Spinasie Souffle
WOENSDAG Jannie en JJ se: Vra na meer hoender
DONDERDAG Geroosterde Vis met ‘n soetsuursous
VRYDAG Ghoebie Choebels
MAANDAG: BEEF STROGANOFF
500g beeshaas of kruistuk
3 middelmatige uie
56g botter
1 groen soetrissie
225g sampioene
Sout en peper
140ml suurroom
Pietersielie
Monday, 8 August 2011
Spyskaart en Resepte Week 13
MAANDAG Spek Rolletjies
DINSDAG Ontbyt “Muffins” spesiaal vir vrouedag
WOENSDAG Boelie-Beef Gereg
DONDERDAG Tuna Royal
VRYDAG Groente-Hutspot
MAANDAG: SPEKROLLETJIES
500g witbroodmeel
2ml suiker
1 pakkie kitsgis
50g botter
250g swoerdlose streepspek, gekap en bros gebraai
1 groot eier, liggies geklits
Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak, vyf die botter in en voeg dan die spekvleis by. Gooi genoeg warm water by om ‘n stywe deeg te vorm. Knie vir omtrent 10 minute tot glad en elasties. Vorm klein bolletjies en pak dit op ‘n bakplaat. Los op ‘n warm plek en laat rys tot dubbel die volume. Verf met geklitste eier en bak in voorverhitte oond vir 15 – 20 minute tot goudbruin en deurgaar. Bedien saam met maas, salami, ham of ander vleisblokkies en ‘n heerlike glasie wyn.
DINSDAG: ONTBYT “MUFFINS”
• 3 eetl botter, gesmelt
• 8 snye wit of bruin brood
• 6 stukkies bacon
• 6 groot eiers
• Sout en peper
Voorverhit die oond na 190°C.
Smeer 6 holtes in ‘n standard grote muffin pan met botter of spuit met kleefwerende sproei.
Gebruik ‘n koekroller om die brood effens plat te rol.
Gebruik ‘n koekiedrukker of bakkie van 11cm om sirkels uit die brood te druk.
Sny elke sirkel in die helfte en pas in die gesmeerde holtes.
Maak seker die onder kante oorvleuel en dat die rande tot heel bo by die rand van die pannetjie kom. Gebruik ekstra stukkies brood om enige gate of skeurtjies reg te maak.
Borsel gesmelte botter in die binnekant van die brood bakkies.
Braai die bacon in ‘n pan tot amper bros. (Dit sal in die oond verder braai).
Plaas een stukkie in elke holte.
Breek een eier bo-oor elke stukkie bacon. Geur met sout en peper.
Bak tot die wit gestol is, ± 20 – 25 minute.
Gebruik ‘n klein messie om die kante los te maak en lig uit die pannetjie.
Bedien dadelik.
• 3 eetl botter, gesmelt
• 8 snye wit of bruin brood
• 6 stukkies bacon
• 6 groot eiers
• Sout en peper
Voorverhit die oond na 190°C.
Smeer 6 holtes in ‘n standard grote muffin pan met botter of spuit met kleefwerende sproei.
Gebruik ‘n koekroller om die brood effens plat te rol.
Gebruik ‘n koekiedrukker of bakkie van 11cm om sirkels uit die brood te druk.
Sny elke sirkel in die helfte en pas in die gesmeerde holtes.
Maak seker die onder kante oorvleuel en dat die rande tot heel bo by die rand van die pannetjie kom. Gebruik ekstra stukkies brood om enige gate of skeurtjies reg te maak.
Borsel gesmelte botter in die binnekant van die brood bakkies.
Braai die bacon in ‘n pan tot amper bros. (Dit sal in die oond verder braai).
Plaas een stukkie in elke holte.
Breek een eier bo-oor elke stukkie bacon. Geur met sout en peper.
Bak tot die wit gestol is, ± 20 – 25 minute.
Gebruik ‘n klein messie om die kante los te maak en lig uit die pannetjie.
Bedien dadelik.
WOENSDAG: BOELIE-BEEF GEREG
1 blik boelie-beef, gevlok met ‘n vurk
1 ui, fyn gekap
1 blik tamatie en uie smoor
3 eiers
Braai gekapte ui in olyfolie tot bruin. Voeg boelie beef by. Braai liggies saam met ui. Voeg tamatiesmoor by. Voeg rou eiers by, soos roereier. Laat eier stol terwyl jy meng met beefmengsel. Bedien saam met roosterbrood of kapokaartappels.
DONDERDAG: TUNA ROYAL
1 blik tune (in water en nie olie nie)
1 klein blikkie sampioene
1 groen rissie
1 ui
2 koppies melk
1 eetl maizena
Worcestersous
Tamatiesous
Sout en peper
Kap ui en groen rissie en braai in botter. Maak maizena aan met melk, gooi by res van melk. Voeg by rissie en ui. Voeg worcestersous, tamatiesous, sout en peper by na smaak. Dreineer blikkie gekapte sampioene en blikkie tuna en voeg by. Kook stadig saam tot gaar. Bedien op rys met blaarslaai en tamatie. Gebruik meer mel / smpioensop om meer te maak. Lewer ongeveer 4 / 5 porsies. Gebruik 1 koppie rys vir 4 / 5 mense.
VRYDAG: GROENTE-HUTSPOT
15ml olyfolie
2 uie, gekap
450g wortels, gekap
3 murgpampoentjies, in ringe gesny
1 raap, gekap
450g aartappels, gekap
1 x 410g blik lensiesop
1 x 410g blik groentesop
1 x 410 g blik heel tamaties, gekap
1 x 410g blik nierboontjies, gedreineer
Kwart koolkop, gerasper
250g broccoli, in blommetjies gebreek
Verhit olie, braai uie, wortels, murgpampoentjies, raap en aartappels vir paar minute daarin tot uie sag is. Voeg sop en tamaties met hul vloeistof by en laat prut vir sowat 20 minute. Roer boontjies en groen groentes by en laat prut vir nog 10 minute, Dien warm op saam met rys.
Friday, 29 July 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 12
SPYSKAART WEEK 12
MAANDAG Sampioen-en-rys-koek
DINSDAG Sticky varkribbetjie
WOENSDAG Curried Eggs
DONDERDAG Oosterse beesvleisslaai
VRYDAG Viskoekies
MAANDAG - Sampioen-en-rys-koek
12 porsies
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
375 ml (1½ k) arboriorys
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) baba-ertjies
6 songedroogde tamaties, gekap
60 ml (4 e) fyn parmesaan
sout en peper na smaak
4 eiers
45 ml (3 e) melk
1 hand vol roketblare
Stel oond op 180 °C.
Verhit olie en soteer ui, kruie en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer nog bietjie.
Voeg rys en hoenderaftreksel by. Laat prut vir 20 min. oor lae hitte.
Verwyder van hitte en roer ertjies, tamaties en kaas by en geur met sout en peper.
Voer ronde koekpan met 20 cm-deursnee met bakpapier. Spuit met kossproei. Skep rysmengsel daarin en maak gelyk bo-op.
Klits eiers en melk en gooi bo-oor rysmengsel.
Plaas in oondpan en bak vir 45 min. of tot gestol in middel.
Laat ongeveer 15 min. in koekpan afkoel en keer versigtig uit.
Sit louwarm in skywe saam met roketblare voor.
DINSDAG - Sticky varkribbetjie
(4 porsies)
8 varkribbetjies (sowat 1 kg)
100 ml tamatiesous
100 ml blatjang
50 ml sojasous
150 ml Worcestersous
2 knoffelhuisies, fyngekap
Verhit jou oond tot 220 °C. Plaas ’n groot stuk tinfoelie op jou bakplaat. (Dit sal keer dat die sous aan die bakplaat vasbrand.) Meng die tamatiesous, blatjang, sojasous, Worcestersous en knoffel goed saam. Gooi die sous oor die ribbetjies en maak seker hulle is lekker bedek met die sous. Plaas die ribbetjies op die bakplaat en hou die res van die sous om so nou en dan oor die ribbetjies te smeer. Rooster vir 10 minute aan elke kant - smeer af en toe met die sous. Jy kan die ribbetjies teen die einde vir ’n paar minute onder die rooster-element sit as jy hulle brosser wil hê. Sit voor saam met broodrolletjies en slaai.
WOENSDAG - Curried Eggs
8 Eggs Hardboiled And Peeled
Sauce
1 Large Onion, Chopped
25ml Sunflower Oil
2 Tomatoes, Peeled And Chopped
1 Packet Royco Chilli Beef & Green Pepper Soup
400ml Water
10ml Chutney
1. Fry Onion In Heated Oil Until Softened.
2. Add Tomatoes And Fry For 1 Minute.
3. Add Soup Powder Mixed With 400ml Water And 10ml Chutney. Stir Till Thickened, Then Simmer For 5 Minutes. Season To Taste.
4. Pour Soup Mixture Over Peeled Eggs And Serve.
DONDERDAG - Oosterse beesvleisslaai
Genoeg vir: 4
500g bolendeskyf (‘porterhouse steak')
120ml sojasous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
20ml suurlemoen- of lemmetjiesap
1-3 klein rooi rissies,
in dun skyfies gesny
5ml bruinsuiker
Slaaibestanddele
Pak die steaks in 'n groot bak en gooi 100ml van die sojasous bo-oor. Laat dit eenkant staan.
Maak die slaaisous deur die res van die sojasous met al die ander bestanddele (behalwe dié vir die slaai) te meng. Roer dit goed deur.
Verhit 'n riffelpan tot baie warm. Haal die steaks uit die sous en sit dit op die pan vir ses tot agt minute - draai dit een keer om. Laat dit vir vyf minute staan voordat jy dit in skyfies sny. Rangskik die vleis saam met die slaaibestanddele en drup die slaaisous oor.
VRYDAG - VISKOEKIES
2 middelslag aartappels
2 middelslag uie
1 blikkie sardyne in tamatiesous
106 g gewone sardyne
2 eiers, geklits
125 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
sout
rooipeper
kookolie vir vlakbraai
Skil die aartappels en uie en rasper hulle op die growwe kant van die rasper. Gooi die ergste sous van die sardyne af en druk die vis fyn. Voeg die eiers en gerasperde aartappel en uie by die vis en meng. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en rooi peper saam bo oor en meng goed. Skep dessertlepels van die mengsel in vlak, matig warm kookolie in ‘n braaipan en druk die hopies in ‘n netjiese fatsoen. Braai die koekies aan weerskante tot gaar. Plaas die gaar koekies op kombuispapies sodat alle oortollige olie afdrup.
Thursday, 21 July 2011
SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 11
SPYSKAART WEEK 11
MAANDAG Kasselse steaks met pynappel
DINSDAG Vegetariese Hooimied
WOENSDAG Gestoofde spesery-beesstert
DONDERDAG Salmbolletjies
VRYDAG Pan Ete
MAANDAG - Kasselse steaks met pynappel
Genoeg vir: 4
30ml olie
4 Kasselse steaks
1 ui, in skyfies gesny
1 blik pynappelstukke
Verhit die helfte van die olie in 'n groot pan. Braai die Kasselse steaks totdat dit mooi bruin is aan al twee kante. Skep die steaks uit die pan.
Verhit die res van die olie in die pan en braai die ui tot sag. Voeg die steaks en die inhoud van die blik pynappelstukke by. Laat dit vir omtrent sewe minute prut. Skep die pynappelmengsel bo-oor die steaks en sit dit voor met baba-aartappels of rys en roerbraaigroente.
DINSDAG - Vegetariese Hooimied
4 tot 6 mense
1 groot pak Nachos-skyfies
1 koppie rou bruin rys, gekook
olyfolie
2 medium uie
2 blikkies gebakte bone
½ teelepel gedroogde origanum
½ teelepel gedroogde baisiliekruid
kropslaai
tamaties
komkommer
wortel, gerasper
avokado of nog beter, guacomole
1 eetleepel (opsioneel)
Braai uie in olie, en voeg bone en kruie by.
1 groot pak Nachos-skyfies
1 koppie rou bruin rys, gekook
olyfolie
2 medium uie
2 blikkies gebakte bone
½ teelepel gedroogde origanum
½ teelepel gedroogde baisiliekruid
kropslaai
tamaties
komkommer
wortel, gerasper
avokado of nog beter, guacomole
1 eetleepel (opsioneel)
Braai uie in olie, en voeg bone en kruie by.
Pak die volgende in lae op jou bord:
Heelonder, die skyfies, dan die bonemengsel, dan die vars slaai, en dan die avokado of guacomole.
Wenk: As jy nie guacomole kry nie, meng die avokado met 'n eetlepel sojamelk - dit voorkom dat dit bruin word.
WOENSDAG - Gestoofde spesery-beesstert
4 porsies
•250 ml (140 g) koekmeel
•mengsel van baie kaneel, minder kardemom en ’n bietjie naeltjies, volgens smaak
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•2 kg beesstertstukke
•15 ml botter
•30 ml olie
•2 of 3 groot uie, gehalveer en in dun ringe gesny
•1 of 2 selderystingels, baie fyn gekap
•1 of 2 wortels, gerasper
•2 blikkies donker bier, soos Guinness
•1 bottel goeie gehoute chardonnay
•hand vol vars pietersielie, grofgekap
•fyngerasperde lemoenskil (opsioneel . . .maar die gereg gaan nie dieselfde smaak daarsonder nie)
Geur koekmeel met die speserye, sout en swartpeper en rol die beesstertstukke daarin.
Verhit die botter en olie in ’n kastrol en soteer die uie, seldery en wortel tot sag. Haal uiemengsel uit die kastrol en hou eenkant.
Braai in dieselfde kastrol (want al die heerlike geure kan mos nie verlore gaan nie) die beesstertstukke aan albei kante tot donkerbruin. Doen dit ’n paar op ’n slag sodat almal ewe bruin word.
Sit al die vleis en die uiemengsel in die kastrol, voeg bier en wyn by en laat kook. Draai die hitte af, sit die deksel op en prut vir ’n paar uur totdat die vleis sag is en byna van die been afval (m.a.w. wanneer die kuiergaste se monde behoorlik water!). As dit lyk asof die vloeistof te min word in die pot, voeg beesvleis-aftreksel by.
Sprinkel pietersielie en lemoenskil teen die einde bo-oor.
DONDERDAG - Salmbolletjies
Genoeg vir: 4
1 klein blikkie salm, gedreineer en gevlok
2 middelslag-aartappels, gekook, geskil en in blokkies gesny
30ml gekapte pietersielie
skil van 1 suurlemoen
1 eier, liggies geklits
30ml koekmeel
50ml droë broodkrummels
olie vir braai
Gooi die salm, aartappel, pietersielie, suurlemoenskil en die helfte van die eier in 'n mengbak. Meng dit goed deur met jou hande. Vorm die mengsel in 12 bolletjies en pak dit op 'n bord. Sit dit vir vyf minute in die vrieskas sodat dit ferm kan word.
Haal die bolletjies uit die vrieskas en rol dit in die meel, daarna in die res van die eier en dan in die broodkrummels. Verhit die olie in 'n pan en braai dit vir omtrent twee minute aan elke kant. Sit dit voor met aartappelwiggies en slaai.
VRYDAG - Pan Ete
100ml Margarien
500g Aartappel
50ml Gekapte Ui
50ml Gekapte Groen Rissie
200ml Gerasperde Kaas
4 Eiers
5ml Sout
5ml Peper
5ml mosterd
340g Weense Worsies
Metode
Smelt Margarien In Pan.
Braai Ui Effens Bruin.
Voeg Soetrissie En Aarappels By.
Sit Deksel Op Pan En Verhit Vir 5 Min Oor Lae Hitte.
Klits Eiers En Voeg Geurmiddels By.
Gooi Eiers Oor Die Aartappel Mengsel.
Rangskik Gesnyde Weense Worsies Oor Die Aartappel Mengsel.
Sit Pan Se Deksel Op Verlaag Hitte En Verhit Mengsel Vir 10 Min Of Tot
Gestol. Sny In Skywe En Bedien.
Subscribe to:
Posts (Atom)