Monday 30 May 2011

Sjokoladefudge


















Maak: omtrent 50 blokkies

300 ml ingedampte melk
945 ml (800 g) suiker
100 ml (30 g) kakaopoeier
75 ml (70 g) gouestroop
60 g botter
10 ml vanieljegeursel
Gooi die ingedampte melk, suiker, kakaopoeier en gouestroop in 'n kastrolletjie en verhit dit stadig saam met 'n knippie sout. Roer die mengsel totdat die suiker opgelos het. Laat dit stadig prut en roer dit af en toe totdat die mengsel die sagtebalstadium bereik ('n druppel van die mengsel sal 'n sagte bal vorm as jy dit in 'n bakkie koue water gooi). Dit behoort omtrent 'n uur te duur.

Voeg die botter en vanieljegeursel by. Haal die mengsel van die plaat af en klop dit met 'n houtlepel totdat dit dik en romerig word. Gooi dit in 'n gesmeerde pan van 25 cm en laat dit afkoel. Sny dit in klein blokkies.