Tuesday, 31 May 2011

Antirrhinum majus (Snapdragon / Leeubekkies)

Leeubekkies kan enige tuin in die lente opvrolik met hul groot verskeidenheid kleure.  Die eerste leeubekkies begin gewoonlik so vanaf Julie maand blom.
 As jy hulle nognie in jou tuin het nie, kyk by die kwekerye vir saailinge.  Hulle hou meestal van volson, maar sal uithou met ‘n bietjie skadu.   Saadjies kan nog gedurende Junie met welslae gesaai word vir ‘n later blom seisoen.