Thursday, 2 June 2011

Buffet idee

Hier is nog 'n oulike idee vir swartbordverf.  Weereens net "masonite"/ hard board wat geverf is en jy plaas dit op jou buffet tafel. 

Skryf by elke bord of bak eetgoed die naam.  Jy kan dit interressant maak deur bv. by 'n familie byeenkoms, te skryf  "Tant Martie se hoenderpasty" of  "Lena se komkommer ring".......
en as daar gemors word, is dit ook maklik om net met 'n nat lap skoon te vee.