Wanneer jy klein plantjies (saailinge) by die kwekery koop, kom sommiges direk uit ‘n kweekhuis of hulle het vir ‘n lang periode dalk onder nette en in spesiale omstandighede gegroei by die kwekery. Nou plant jy hulle oor in jou tuin en skielik gaan die plantjies sommer net dood sonder verklaring. Of jy het ‘n plant wat jare lank in die huis gegroei het, maar nou moet hy tuin toe want die plant raak dalk al te groot of jy het net eenvoudig nie meer plek nie. Hoe nou gemaak?
Showing posts with label Tuin - Struike. Show all posts
Showing posts with label Tuin - Struike. Show all posts
Wednesday, 30 January 2013
Tuesday, 5 June 2012
Bloeisels en blomme vir laat winter en lente
Dalk was jy so gelukkig om nou die Cherry Blossom Festival in Japan te kon beleef gedurende Maart of April, of dalk droom jy soos ek maar net daarvan. Dis ongelooflik mooi wanneer mens so na die prentjies kyk van al die lente bloeisels en jy kan jou maar net indink hoe heerlik dit sal wees om daardie hoeveelheid bloeisels alles op een slag aan een boom te kan aanskou…….dalk in jou eie tuin.
Friday, 13 January 2012
Helichrysum (Kooigoed, Licorice plant, Silver bush)
Hier is ‘n handige plant wat ter selfde tyd ‘n pragtige struik is vir enige tuin. Ek het al in gastehuis tuine geloop waar hierdie struik ‘n skouspel maak tussen ander struike wat ek nie kan oorvertel nie, so dis beslis iets om oor na te dink, veral as jy soek na iets wat mooi kontras sal gee. Hierdie plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap (Jonkershoek en Sederberge), Oos-Kaap en ook in KZN en hou van volson. Thursday, 12 January 2012
Coleus - Blare met pragtige kleur
Coleus is seker een van die plante met die mooiste en grootste verskeidenheid blaar-kleure. Jy kry hulle in 'n groot verskeidenheid van kleur en hulle is maklike plante om te groei. As jy 'n skadukol in jou tuin het waarmee jy raadop is, kan jy oorweeg om 'n paar soorte Coleus bymekaar te plant. Kry 3 of 5 verskillende kleure en plant hul sommer deurmekaar om 'n groot impak in jou tuin te maak.
Tuesday, 1 November 2011
Justicia Brandegeana / Shrimp Plant
Hierdie plant dra die pragtigste roesbruin skakerings van blomme vanaf lente regdeur die somer. Sy “volksnaam” is die “shrimp-plant”.
Tuesday, 4 October 2011
Chinese lantern (Abutilon / Flowering maple)
Regtig een van my gunsteling struike vir ‘n tuin. Hulle groei redelik vinnig, het min onderhoud nodig en raak so ± 2 tot 3m hoog. Sommige net so 1.5 m.
Friday, 23 September 2011
Diamond Frost
As jy nog altyd gehou het van Baby's Breath of Gipskruid, maar nog nooit sukses gehad het om hulle te groei in jou tuin nie, moet jy beslis kyk na Diamond Frost.
Hierdie plant is 'n Proven Winner plantjie, wat beteken hy is beslis die moeite werd om te koop. Van nature groei hy in 'n kompakte vorm so daar is regtig nie onderhoud nodig aan die plant nie. Uit ondervinding kan ek vir julle sê dat die plante oortrek is met die fyn wit blom blaartjies reg deur die jaar.
Hulle lyk baie goed in enige tuin op enige plekkie, maar maak veral 'n indrukwekkende gesig wanneer hulle in statige potte geplant word vir 'n stoep area.

Tuesday, 6 September 2011
AALWYNE
Plant 'n aalwyn of drie en skep visuele impak met kleur en tekstuur.
Aalwyne is ware Afrika-kinders, met 'n stuk of 400 lede in die Aloe-familie wat van die Arabiese skiereiland, oor die vasteland en sy eilande tot by Kaappunt baljaar.
Tuesday, 23 August 2011
Fuchsia
Hierdie struik kan ‘n pragtige vertoning gee met ‘n oorvloed blomme wat mens herinner aan tuinfeetjies. Beskikbaar in ‘n oorvloed van pragtige kleure. In SA sal dit blom in Desember, net reg vir kerstyd.
Monday, 1 August 2011
Bougainvilla
Bougainvilla’s is ‘n perfekte struik vir ‘n vrolike lente en somer tuin. Met hul oorvloed blomme, kan jy nie verkeerd gaan as jy ekstra kleur in die tuin soek nie. Hulle hou van volson, en sal groei direk in die tuin asook in potte. Jy kan selfs ‘n bonsai van hierdie plant maak. Hulle verg baie min onderhoud en is water slim plante. (water-wise) Bougainvilla’s kan teen mure opgelei word om dit te kamofleer en is ‘n goeie plant om te laat oprank teen die tuinmuur vir sekuriteits doeleindes. Hulle lyk ook pragtig as jy ‘n onthaal area- of motor- afdak laat toegroei. Omdat hul gedeeltelik blaartjies verloor in die winter, laat hul dan son deur, maar gee heerlike skadu met tonne blomme in die lente en somer.
Monday, 25 July 2011
Hare vir 'n tuin mannetjie
As jy 'n plant soek wat kan werk as 'n "haredos" vir 'n potmannetjie of 'n waatlemoen gesiggie soos op die foto, is Carex Frosted Curls die ideale grassie om te koop. Polle raak so 40 tot 60 cm hoog. Verkies volson of spikkelskadu en nie te veel water nie, maar moet nooit die plante laat uitdroog nie. Hierdie grassies maak oulike water-wyse grondbedekkers wat 'n sagte golwende kontras vorm met harde tuin paadjies. Ook ideale vuller plante.
Idee: Somertyd wanneer waatlemoen volop is, hou 'n vrugtefees vir die kinders (kan 'n oulike verjaarsdag partytjie uitmaak). Maak waatlemoen gesiggies soos op die foto en plaas 'n Frosted Curls plantjie in 'n potjie binne-in die waarlemoen, om die gaste te verwelkom.
Friday, 15 July 2011
Abutilons (Chinese Lantern)
Hierdie is 'n pragtige struik om in 'n klein tuin te plant. Die Chinese Lantern groei vinnig, maklik en dra omtrent heeljaar 'n oorvloed van blomme. (As ek nou daaraan dink, dink ek die een in my tuin het regtig heeljaar blomme aan. Kan nie dink aan 'n tyd wat daar niks was nie.) Hulle hou van 'n plekkie wat volson in die oggende kry. Groot verskeidenheid beskikbaar.
Wednesday, 13 July 2011
Plant 'n granaat boompie in jou agterplaas
Granate (pomegranates) is klein boompies of as jy hul mooi snoei, groot struike wat pragtige vrugte vir jou kan lewer in jou eie tuin. Hulle blom gedurende die lente en somer. Granate groei op die meeste plekke maar verkies droë of halfdroë klimaatstreke met koel winters en warm somers. Hou van volson, maar sal halfskadu verdra. Taamlik droogtebestand. 'n Oulike boompie om in jou agterplaas te groei.
Friday, 8 July 2011
Leptospermum / Tea Tree / Teebos
Hierdie plant / struik is eenvoudig pragtig wanneer dit oortrek is met klein roosvormige blommetjies. Sekerlik een van my gunstelinge. Dis baie belangrik wanneer jy ‘n plantjie koop, om seker te maak sy wortels kry nie seer wanneer jy hom uitplant nie. Nogal ‘n geharde plant wat maklik ook langs die kus geplant kan word. Hul kan droogte hanteer. Hul hou van volson en grond wat goed dreineer maar moenie rondom sy wortels krap nadat hy geplant is nie en oppas om nie te veel water te gee nie.
Wednesday, 11 May 2011
Azaleas - Tonne blomme
Soek jy 'n struik vir jou tuin wat in oorvloed blomme dra? Wel dan is Azaleas net vir jou.
Hulle is van nature lief vir ligte skadu, maar benodig klein bietjie son om mooi te blom. (Net nie vol somer middag son nie.) Suurgrond liefhebbers. Jy kan dus die grond rondom hulle bedek met denne naalde of ou teesakkies. Hul wortelstelsels is baie vlak en jy moet hul nooit dieper plant as wat hul in die kwekery se sakkies was nie. Die vlak wortelstelsel is ook die rede waarom hulle floreer indien jy grondbedekking rondom hulle strooi (mulch).
Toediening van kraalmis word nie aanbeveel nie en as die blare begin geel raak, beteken dit die grond is nie suur genoeg nie.
Verkrygbaar in pienk, rooi, oranje en lavender kleure.
Hulle is reeds plek plek in die tuinsentrums beskikbaar en het nou net mooi genoeg tyd om te vestig voor die lente blom seisoen.

Lae onderhoud tuin idee
Hier is 'n idee vir 'n tuin met geen "blomtuin" nie, maar wat steeds pragtig lyk en tonne waarde tot jou huis kan toevoeg. Lae onderhoud. Hier is bloot struike, bome en klippies en hout gebruik om 'n pragtige prentjie te vorm en 'n tuin te skep wat min instandhouding verg.
Idees:Struike met verskillende blaar vorme asook blaar kleur. Bv. Sheenah's gold. Daar is pragtige variasies beskikbaar. Vanaf lig geel skakerings tot tweekleur blare. Boombas is te kry in grof en fyn en maak pragtige grondbedekking vir beddings, sonder dat jy dit permanent onder sement hoef weg te steek. Dis ook 'n baie mooi kleur kontras met groen struike.

Subscribe to:
Posts (Atom)