Showing posts with label Tuin - Oulike idees. Show all posts
Showing posts with label Tuin - Oulike idees. Show all posts
Wednesday, 24 June 2020
Hergebruik 'n ou kas
Zelda Janse van Rensburg het op FB met ons gedeel hoe oulik sy 'n ou kas verander het in 'n splinternuwe pronkstuk. Regtig 'n oulike hergebruik idee.
Thursday, 1 October 2015
Ons uitdaging aan julle vir Oktober maand
Dis 01 Oktober en nou AMPTELIK lente – Die mooiste mooiste maand.
Dink net hoe wonderlik moet dit wees om oral so ver as wat jy af ry in jou woonbuurt, net blommetjies in almal se tuine te sien. Ja ek weet dit werk ongelukkig nie altyd so nie. Sommige woonbuurte is maar leeg en die tuine nie juis voorblad mooi nie. Die grootste rede dalk omdat ons almal eenvoudig net nie meer die geld of tyd het vir groot duur tuine nie. Maar hier is ‘n maklike idee – of dit gaan werk gaan van jou en jou bure afhang:
ONS UITDAGING AAN JULLE:
Tuesday, 8 September 2015
Vir onkruid tussen plaveisel
Annalie Joubert
Vir onkruid tussen plaveisel: 1 k asyn, 2tl engelse sout, 1tl skottelgoedwasmiddel. Meng en spuit op onkruid. Die asyn maak dood, engelse sout sorg dat dit tot by wortels ingeneem word en seep laat dit aan blare vasklou. Wees versigtig want dit maak alles dood, selfs gras. Werk soos 'n bom!
Friday, 4 September 2015
Kleur van woestynrosies
Add Color to Your Succulents
Add 1 tsp. of liquid food coloring to 1 cup of water. Drizzle the colored water onto the soil surrounding the base of a plant. Wait 24 hours for the water to absorb. Apply another identical dose if the color change was not sufficient.
Tuesday, 1 September 2015
Tuin Sitplekkie
Dis begin lente en almal dink aan blomme. Natuurlik ek ook, maar ek dink ook aan daai lui lekker dae in die somer wanneer jy erens 'n koelteboom soek waaronder jy net kan lafenis soek teen die hitte. Maak 'n plekkie in jou tuin waar jy kan wegkruip en 'n bietjie stilte geniet. 'n Plekkie waar jy luilekker jou leesboek kan geniet. 'n Plekkie waar jy jou batterye kan herlaai en net ontspan. 'n Ou stoel wat oor geverf is in 'n hoekie van die tuin (as jy gelukkig is onder die koelteboom) en 'n sagte kussing of twee, kan net die ding doen. Maak solank daardie leeshoekie reg sodat jy hom hierdie somer kan geniet.....en as jy nou 'n bietjie Franse flair wil byvoeg..... plant solank 'n paar lavendar plantjies by jou leeshoekie en dalk 'n romantiese roos of twee. Dit kan mos net pragtig lyk en geniet word.
Monday, 31 August 2015
'n Bietjie verf hierdie lente maak heeljaar mooi
Kikker 'n vaal hoekie in jou tuin op met verf. Dis ongelooflik die groot verskil wat 'n bietjie verf doen aan die algehele voorkoms van jou huis. Jy kan doen wat jy wil, as jou huis, tuinmuur (ja VERAL daai tuinmuur) of tuinhuisie nie mooi geverf is nie, sal jy nie die vreugde daaruit kry nie. Net 'n bietjie verf en 'n paar mooi potte vol plante / blomme en siedaar jy het 'n prag woning waarop almal trots kan wees.
Tuinmaak met boomwortels
Moenie vra waar ek aan die fototjie kom nie (ek kan nie onthou nie), maar dit het my laat dink. As jy met 'n plekkie in jou tuin sit waar die boomwortels oorneem en jy nie lekker diep kan spit om groente te plant nie, is dit die perfekte idee vir daardie stukkie grond. 'n Mens wil nie bome uithaal nie want dan sit jy in die snikhete somer son en kook sonder enige skaduwee in jou tuin. Hierdie idee werk om jou bome te behou en tuin te kan maak waar die wortels bietjie pla. Net hier en daar sink jy 'n blompot in die grond (waar die wortels jou dit toelaat), vul dit met goeie grond en plant jou kruie of groente. Dit lyk treffend, stunning en sommer net supper cool. .....en natuurlik ook baie netjies.
Thursday, 13 August 2015
Naweek projek - Kleurvolle tuin
Hier is 'n oulike idee vir 'n kleurvolle tuin. Verf huisies vir die voeltjies in jou tuin en hang hul op in die bome. Dis sommer 'n kits oplossing vir kleur binne minute.... en 'n mens weet nooit watter oulike baba voeltjies in jou tuin dalk uitbroei nie....
Thursday, 6 August 2015
Maak jou eie bal plant
Sonia Corver
Goeiemore julle!!!!
Ek kon nie glo toe ek vanoggend my telefoon oopmaak en sien hoeveel van julle was beindruk met die balle nie!!! Ek gaan julle stap vir stap verduidelik hoe ek maak aangesien ek nie meer potplantgrond oor het nie!!!!!
Benodighede
Groen skadunet
Potplantgrond...
Ek kon nie glo toe ek vanoggend my telefoon oopmaak en sien hoeveel van julle was beindruk met die balle nie!!! Ek gaan julle stap vir stap verduidelik hoe ek maak aangesien ek nie meer potplantgrond oor het nie!!!!!
Benodighede
Groen skadunet
Potplantgrond...
Thursday, 30 July 2015
Maak jou eie terrarium…binne ‘n uur
Maak jou eie terrarium…binne ‘n uur
Jy kan maklik ’n glastuintjie wat die minimum onderhoud vra, van enige helder glas- of plastiekhouer maak. Skep ’n oulike klein oase wat die kind in jou sal wakker maak én as treffende fokuspunt op ’n tafel kan dien. Volg die landskapargitek Matt Allison se stappe en maak dit self!
Wat jy nodig het
• glashouer
• potgrond
• klippies
• glashouer
• potgrond
• klippies
Tuesday, 27 January 2015
LOK EN VOER SKOENLAPPERS
LOK EN VOER SKOENLAPPERS
Maak ’n vlinderbottelMaak ’n bottel of ’n blikkie vol blomme – hoe helderder, hoe beter – en voeg ’n sponsie wat in suikerwater gedoop is, daarby om die vlinders na jul tuin te lok. Julle kan ook oorryp vrugte op ’n bordjie neersit (kyk onder).
Julle het nodig
1 glaspotjie met ’n skroefdeksel1 spyker of ander skerp punt
Friday, 26 September 2014
Wednesday, 6 August 2014
Plant ’n pampoen of twee.
Plant ’n pampoen of twee.
Boerpampoen, groenpampoen, botterskorsie en skorsie – dié veelsydige groente is ’n móét in elke tuin. Pampoen is deel van die Cucurbitaceaefamilie en is verwant aan die spanspek en komkommer. Hoewel die verskillende soorte pampoen verskil in vorm, kleur, grootte en geur, het almal gewoonlik harde skille wat beteken dit kan lekker lank gebêre word – van een tot selfs ses maande! Pampoen kom oorspronklik van die wilde pampoene wat tussen Guatemala en M...exiko gegroei het.
Boerpampoen, groenpampoen, botterskorsie en skorsie – dié veelsydige groente is ’n móét in elke tuin. Pampoen is deel van die Cucurbitaceaefamilie en is verwant aan die spanspek en komkommer. Hoewel die verskillende soorte pampoen verskil in vorm, kleur, grootte en geur, het almal gewoonlik harde skille wat beteken dit kan lekker lank gebêre word – van een tot selfs ses maande! Pampoen kom oorspronklik van die wilde pampoene wat tussen Guatemala en M...exiko gegroei het.
Maak ’n aarbeimandjie
Maak ’n aarbeimandjie
Aarbeie is op hul beste as hulle nie op sanderige grond hang nie. As jou plek min is, raak dié vergiettes die ideale hangmandjie.
Wat kort jy?...
• ou vergiettes
• boor en metaalboorpunt
• tang
• ketting van sowat 1,5 m
Aarbeie is op hul beste as hulle nie op sanderige grond hang nie. As jou plek min is, raak dié vergiettes die ideale hangmandjie.
Wat kort jy?...
• ou vergiettes
• boor en metaalboorpunt
• tang
• ketting van sowat 1,5 m
Friday, 9 May 2014
Die bure se blare
Dis herfs, en vir my die mooiste tyd van die jaar. Daar is vir my niks mooier as 'n tuin met bome getooi in herfskleur blare nie, maar ek weet ook dat dit 'n groot pyn kan wees as jou buurman se boomblare heeltyd in jou tuin waai. In stede van kwaad word en jou bloeddruk op jaag, dink so daaraan.....
Thursday, 3 April 2014
Herfsblare is ons tuinvriende - en dis verniet
Herfsblare in jou tuin ...............is gratis kompos. Gratis kos en beskerming vir jou tuin. Dis die natuur se manier om jou te help. Hier is 'n paar handige wenke wat jy kan in gedagte hou:
Herfs Tee in die tuin
Wanneer laas het jy 'n heerlike teetyd / hightea / "teatime" saam met 'n vriendin of sommer saam met familie geniet? Wel voor die winter dae ons tref is herfs 'n baie mooi tyd van die jaar om die laaste sonskyn dae in die tuin deur te bring. So as jou weervoorspelling lees "mooiweer en warm", haal uit daardie spesiale tafeldoek, servette en teekoppies. Sit die stoelle en tafel reg onder die skaduboom. Nooi 'n vriendin en pak uit die eetgoed en geniet die heerlike herfsmiddag in die tuin met 'n heerlike koppie tee, eetgoed en goeie geselskap. So hoe lyk dit vriendin? Wanneer is jou dagboek oop....?
Friday, 28 March 2014
Thursday, 20 March 2014
Maak tuin in jou gumboots
As jy jou ou gumboots (reenskoene) so kyk en dink dis dalk eerder tyd vir nuwes, hoef jy nie hartseer te wees om die ou paar weg te gooi nie. Gebruik hul weer in jou tuin sommer as nuwe fokuspunt. Jy kan vrolike blomme daarin plant, dalk 'n rank malva of selfs 'n tamatieplant of twee. (As jy hul eers vol grond het en die pragtige blomplante staan as vertoonstuk in jou skoene, is daar mos meeeeeeeeeeer as genoeg rede om nuwe reenskoene te koop, of hoe. :-) )
Foto: Kidspot
Subscribe to:
Posts (Atom)




















