Wednesday 6 August 2014

Maak ’n aarbeimandjie

 
 
Maak ’n aarbeimandjie
Aarbeie is op hul beste as hulle nie op sanderige grond hang nie. As jou plek min is, raak dié vergiettes die ideale hangmandjie.
Wat kort jy?...
• ou vergiettes
• boor en metaalboorpunt
• tang
• ketting van sowat 1,5 m

• haak
• klapperhaar
• potgrond
• aarbeisaailinge
Stap: 1
Boor drie gate ewe ver van mekaar rondom die bokant van die vergiettes om die ketting aan vas te maak. Knip die ketting in drie ewe lang stukke, buig ’n skakel op een punt van elke stuk oop, haak dit deur ’n gat en knyp toe. Maak die ander punte aan ’n haak vas.
Stap: 2
Sny die klapperhaar sodat dit netjies in die vergiettes pas.
Stap: 3
Maak die vergiettes tot net 2 cm onder die rand vol grond om te keer dat die water die grond uitspoel. Hang die mandjie op en maak gereeld nat



 
Onthou net slakke is baie lief vir aarbeie


(Idees)