Showing posts with label Winter - Oulike idees. Show all posts
Showing posts with label Winter - Oulike idees. Show all posts

Friday, 6 June 2014

Easy pattern for legwarmers

Yes they're back:  Leg Warmers for the cold winter days
www.wikihow

  • Cast on 46 stitches using the knitting needles. To cast on is to create the initial row of stitches you knit. Cast on by putting a slip knot on left knitting needle and pushing the right needle through that knot and behind the left needle. Wrap the yarn around the right needle’s tip and pull through the slip knot. This creates a new loop. Place the new loop on the left needle and repeat this step by placing the right needle through the new loop and behind the left needle. Repeat until you have 46 stitches on the left needle.
  • Work 10 rows of knit one, purl one ribbing. To knit one, purl one rib, knit the first stitch of the row and purl the second stitch. Repeat this to the end of the row. Repeat this row nine more times for a total of 10 rows of knit one, purl one ribbing.
  • To knit, insert the right needle through the last cast on stitch, placing it behind the left needle. Wrap the yarn around the tip of the right needle, and pull the right needle through the stitch, creating a new loop. Pull the old stitch off of the left needle, leaving the new stitch on the right needle.
  • To purl, insert the right needle from right to left through the next stitch, placing the right needle in front of the left needle. Wrap yarn around the right needle and pull through the stitch. Pull the old stitch off of the left needle, leaving the new stitch on the right needle.
  • Work in stockinette stitch until the piece measure 12 inches from the beginning. Stockinette stitch is knitting on the right side (starting with row 11) and purling on the wrong side (starting with row 12).
  • Knit 10 rows of knit one, purl one ribbing.
  • Cast off. To cast off, knit two stitches and pass the first stitch over the second stitch, pulling it off the needle. Repeat until one stitch remains on the right needle.
  • Cut the yarn with scissors, leaving 12-inch tail. Draw the yarn needle through the last stitch remaining on the right needle and pull tightly. Fold the leg warmer in half lengthwise with the right side facing itself. Use the yarn needle to sew a back seam.

Wednesday, 19 March 2014

Soup vs Chowder vs Stew

Met die winter net om die draai, blaai mens deesdae mos deur al die lekker resepte en soek vir iets wat die maag en hart sommer lekker warm sal maak.  Dan sien jy resepte vir sop / resepte vir stew / resepte vir chowder.  Wat is die verskil?  Ons het bietjie gaan uitvind en hier is 'n kort verduideliking van elkeen volgens die internet:

Friday, 17 May 2013

Suurlemoen tee vir verkoues

Suurlemoen Tee vir verkoues en seer keel.

(Jy kan die stoom van die tee in asem om ook vir sinus te help.  Ag dit laat jou sommer net beter voel.)
1 Eetlepel vars gemmer (gerasper)
1 Eetlepel vars uitgedrukte suurlemoensap
1 Eetlepel heuning  (na smaak)

Tuesday, 9 October 2012

Serp met sakkies

Liefa het vir ons hierdie oulike idee op FB gesit waar jy net die punte van 'n serp omwerk om sakkies vir die koue handjies te maak.

Tuesday, 10 July 2012

Hoes stroop vir die winter

Hier is nog 'n resep wat help vir 'n slegte bors en gehoes in die winter.  Hierdie resep was deur baie mense se oumas nog gebruik en op staatgemaak....vandag nog:

Monday, 11 June 2012

Cornè Van Zyl
Tuisgemaakte Hoesgoed vir die winter

Gooi in 'n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir so 'n minuut of twee oor stadige hitte
1 kop bruin asyn
1 kop suiker
1 kop huening

Friday, 8 June 2012

Hekel blokkies in oorvloed


Saam met die winter het die lus vir hekel my beetgepak.  Toe ek nog klein was het ek al vroeg geleer hoe om te hekel.  Ek het baie goedjies al gehekel, maar ek kon nog al die jare nie die “granny square” regkry nie.  Na vele probeerslae het ek dit UITEINDELIK vandag vir die eerste keer reg gekry.  PERFEK VIERKANTIG soos dit mos moet wees.  Heng maar nou is ek trots op myself.  Toe gaan loer ek bietjie vir inspirasie – wat kan mens doen as jy ‘n klompie van hierdie blokkies het wat nog erens in ‘n kas rond lê.  Kyk hierdie oulike idees……

Tuesday, 5 June 2012

Maklike vingerlose handskoen

OK hier is 'n patroon wat ek op die internet gekry het.  Ek sien 'n hele paar websites het die patroon al geplaas.  Dis ook sekerlik die kortste patroon ooit.  Regtig maklik en selfs beginners kan dit probeer brei.

Handskoen in 'n kits

Soek jy oulike handskoene maar nie lus vir breiwerk?  Hier is 'n idee:

Klop die winter koue

Die eerste winterkoue begin begin so aan ons tone hap in SA en dan wil almal graag by 'n warm kaggelvuur sit in die aand.  Hoe gemaak as jou huis nie 'n kaggel het wat werk nie?

Tuesday, 21 June 2011

Mikrogolf Rys sakkies vir die seer lyf en winter koue

Vir winterkoue kniee of 'n seer nek, is 'n rys sakkie wat jy 2 min. in die mikrogolf warm maak, ideaal.

Om hierdie sakkies te maak is baie maklik.  Die ideale materiaal om hiervoor te gebruik is katoen of "flennielap" (flannel).  Jy maak eenvoudig 'n sakkie en vul dit met gewone ongekookte rys. (Moet asb. nie kits rys pakkies hiervoor gebruik nie.)

Die belangrikste om te onthou is:  Maak dit net vir ± 2 min. warm in die mikrogolf.  Nooit langer nie.  Wanneer jy dit uithaal, maak seker dis nie te warm vir die vel nie.

'n Ekstra bederfie wanneer jy die sakkies maak is om kruie by te voeg.  Jy kan lavendar of roosmaryn blaartjies by die rys in die sakkie gooi.
As jy "essential oils" soos eucalyptus wil gebruik, kan jy die druppels oor die rys gooi en in 'n geseelde bakkie sit vir 'n paar dae.  Skud dit so nou en dan om die geure te laat meng.  Gaan dan voort en maak soos gewoonlik jou sakkie met die gegeurde rys.

Hierdie warm sakkies is ideaal vir bejaardes of pasiente wat nie warmwatersakke of elektriese komberse kan gebruik nie, maar onthou asb. wanneer die sakkies in die mikrogolf geplaas word, hou altyd toesig.

Wednesday, 8 June 2011

Winter onthaal idee

Is jy opsoek na ‘n gesellige en maklike winter onthaal idee, sonder om ure voor die stoof deur te bring?  Wel, wanneer laas het jy ‘n fondu-aandjie gehou saam met vriende - dis nou weer hoog mode.

Wednesday, 1 June 2011

Winter Glühwein

1 bottel rooiwyn (750 ml)
30 ml brandewyn
1 k bruinsuiker
1 k water
1 lemoen, in dun skywe gesny
1 suurlemoen, in dun skywe gesny
Plus die sap van 2 lemoene
‘n kaneelstokkie of twee (volgens smaak)
2 naeltjies
2 k klaargemaakte rooibostee (2 teesakkies gemaak met 2 koppies water)