Friday 9 May 2014

Die bure se blare


Dis herfs, en vir my die mooiste tyd van die jaar.  Daar is vir my niks mooier as 'n tuin met bome getooi in herfskleur blare nie, maar ek weet ook dat dit 'n groot pyn kan wees as jou buurman se boomblare heeltyd in jou tuin waai. In stede van kwaad word en jou bloeddruk op jaag, dink so daaraan..... 
Buurman se bome gee suurstof vir ons almal (ook vir jou), keer die wind bietjie af en...........hulle gee vir jou gratis voeding vir jou tuin.  Jip.  Hark bietjie al daai blare bymekaar, gooi hul in 'n swartsak of twee, knoop toe en vergeet van hulle.........tot net voor die lente.  Jy sal vind jy het die heerlikste kos vir jou tuin heeltemal verniet.  (of te danke aan buurman natuurlik).  So begin hierdie naweek en hark daai blare met groot dankbaarheid nader.