Aspersies is 'n meerjarige plant, in 'n klas van sy eie met 120 spesies.
Die bekendste aspersies is seker die groene, maar daar is ook ‘n wit en pers een, natuurlik verskil die groottes van die aspersie..
Die witte is eindelik ‘n groene, wat sonder sonlig gegroei het, dit bevat geen bladgroen nie en het minder voedings waarde
Die perse is amper veselloos en is op sy lekkerste rou. Dit word egter baie vinnig gaar indien dit gestoom word en het ‘n heerlik vrugtesmaak.
Aspersies is laag in versadigbare vette, cholesterol, hoog in vessel, folinesuur, kalium en ‘n verskeidenheid van vitamines.
Dit is veral ‘n groentesoort wat deur diabete geniet kan word.
Aspersies kan vir 1 – 2 minute gekook word en gevries word vir tot 8 maande.