Tuesday 28 January 2014

Hoe om te weet of ‘n Eiervrug (Brinjal / Eggplant) reg is om te pluk:



As jy soos ek met my eerste oes, wonder wanneer die regte tyd is om jou vrugte te pluk is hier vir jou ook raad.  Dis eintlik maklik.
 
Volgens die kenners is dit beter om die vrug te pluk terwyl dit nog klein is, as wat jy dalk te lank wag.  Sodra jy die vrugte begin pluk sal dit die plant aanmoedig om nog vrugte te produseer.  Buitendien is jong vrugte beter in smaak en makliker om gaar te maak as die heel “ou groot vrugte”. 
Om seker te maak dis die regte tyd om te pluk is daar eintlik net een reel:  Hou die vrug sodat die son en lig daarteen kan weerkaats.  Indien dit nog dof en vaal lyk is dit nie reg nie.  Sodra die skil mooi blink in die son is dit reg om te pluk. (So maklik - Onthou daar is verskillende variteite en sommige se vrugte is van nature klein ander is weer groot, so die "blink skil" raad werk goed vir almal.)