Saturday 29 October 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 21

SPYSKAART WEEK 21

MAANDAG                Kool Frikkadelle
DINSDAG                  Visgebak
WOENSDAG             Suikermielie en Spektert
DONDERDAG            Varkworsie-en-rysdis
VRYDAG                   Johan se lasagne-pot


MAANDAG: KOOL FRIKKADELLE

1 groot koolkop
1 pak spekvleis, gesnipper
3 uie, fyn gekap
250g sampioene
1 kg maalvleis
Sout en peper
Speserye vir vleis
2 ekstra groot eiers
250 ml witwyn

Voorverhit die oond tot 180ºC, en smeer 'n oondbak. Trek die buiteblare van die koolkop af en kook die hele koolkop ongeveer 10 minute lank in kokende soutwater totdat die blare net sag is. Verwyder van die hitte en laat staan in water tot effens afgekoel.

Braai die spekvleis, sampioene en uie tot net gaar.  Skep onder in die mengbak. Meng die maalvleis, sout en peper en speserye na smaak met die eiers en vorm frikkadelle. Rol elke frikkadel in een of twee koolblare toe en rangskik op die spekmengsel.  Herhaal totdat alles opgebruik is. Giet die wyn oor, bedek met foelie en bak ongeveer 1 uur tot

DINSDAG:   Visgebak

Bestandele:
500 g Stokvisfillette
1 pakkie uiesop –maak aan met 1½ koppie water
30g bees of kaas en uie skyfies (chips) -fyngemaak
250 ml room
1 koppiegerasperdekaas
½ koppiemelk

Metode:
Smeer oondbak en plaas vis in bak.
Meng uiesop, room, kaas en melk en gooi fyngemaakte skyfies by.
Gooi die mengsel oor die vis.
Bak in voorverhitte oond teen 180 grade vir 30 min. (oop)
Bedien met kappokaartappels

WOENSDAG:           SUIKERMIELIE EN SPEKTERT

KORS:
750ml koekmeelblom
5ml sout
250ml margarien
2 eiergele, geklits
250ml room
8ml kremetart

VULSEL:
25ml margarien
40ml koekmeelblom
300ml warm melk
sout en peper na smaak
knippie rissiepoeier
2ml mosterdpoeier
100ml Cheddarkaas, gerasper
410g(1 blik) geroomde suikermielies
10 swoerdlose spekvleisrepies

Kors:
Sif die koekmeelblom en sout saam en vryf die margarien met die vingerpunte in. Meng die eiergele en room goed en voeg dit by die koekmeelblommengsel. Maak dit aan tot ‘n stywe deeg. Rol die deeg dun uit en strooi die kremetart bo-oor. Vou die deeg in drie en verkoel dit in die yskas.
Rol dit weer dun uit en voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deursnee van 200mm daarmee uit.

Vulsel:
Smelt die margarien, voeg die koekmeelblom by en roer tot glad. Voeg die melk, sout, peper en rissiepoeier en mosterdpoeier by en roer oor lae hitte totdat die sous dik is. Verwyder van die hitte en vou die helfte van die kaas en suikermielies in. Snipper 5 van die spekvleisrepies en braai dit tot bros. Voeg dit by die suikermieliemengsel en meng. Skep die vulsel in die rou tertkors, maak dit gelyk bo-op en strooi die res van die kaas bo-oor. Garneer die tert met die 5 heel spekvleis repies Bak die tert 30 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 190C. Bedien die tert warm.


DONDERDAG:        VARKWORSIE-EN-RYSDIS

560ml water 
310ml rou witrys
5ml sout        
10ml olie
25g gerookte varkworsies  
1 groen soetrissie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap      
2 klein knoffelhuisies, fyn gedruk
215ml hoenderaftreksel    
2ml vars gemaalde swartpeper
3 klein uitjies, baie dun gesny

Verhit 500ml van die water tot kookpunt en voeg die rys en sout by. Kook tot gaar, dreineer en stoom vir 10 minute. Hou eenkant.

Terwyl die rys kook, verhit die olie in 'n swaarboompot en braai die wors daarin tot goudbruin en gaar. Skep uit en laat effens afkoel. Sny dan in bytgrootte stukkies.

Braai die soetrissies in dieselfde pot tot sag. Skep die wors terug, voeg die knoffel by en braai vir 'n paar minute tot geurig. Voeg die aftreksel, swartpeper, uitjies en res van die water by en verhit tot kookpunt. Laat prut tot die vloeistof amper afgekook is en 'n geurige sous in die pot vorm. Voeg die rys by en meng deur. Sit warm voor. Genoeg vir 6 mense.

VRYDAG:    Johan se lasagne-pot

Beskrywing:

Braai 2 gekapte uie, 1 pak vars sampioene en 1 pakkie gesnipperde spek saam. Braai1 kg maalvleis tot pienk, en voeg die uiemengsel by.  

Pak lasagne bo-op die vleismengsel. [kan dit in twee lae ook doen].  Gooi twee blikke fyn gekapte tamaties by. Strooi1 koppie cheddarkaas bo-op. Bedek met 750 ml medium dikte witsous. Strooi weer 'n koppie kaas oor.

Sit deksel op. Laat staan vir 45 min eenkant, en kook vir dan 30 minute op lae hitte.