Thursday 25 August 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 15

SPYSKAART WEEK 15
MAANDAG                Worsgebak
DINSDAG                  Liquid Fruit Hoender
WOENSDAG              Warm Groente Slaai
DONDERDAG            Maalvleis Pastei met Ryskors
VRYDAG                   Taai ribbetjies met lemoensap

MAANDAG:  WORSGEBAK

30 ml sonneblomolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie
500 ml kookwater
15 ml blatjang
5 ml sout
2 ml peper
500 g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes
300 g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering

Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 min.

Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut..

 Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel.  Skep die uiemengsel  eweredig bo-op die wors.  Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor.  Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200°C  vir ongeveer  45 minute of totdat die rys gaar is.  Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor


DINSDAG:                LIQUID FRUIT HOENDER

1 hoender in stukkie gesny (ek gebruik altyd ‘n pak met 4 dye en 4 boudjies)
1 koppie appelkoossag (liquid fruit)
1 klein blikkie halwe applkose
1 pakkie bruin uiesop

Rol hoender in soppoeier.  Plaas in vuurvaste bak.  Gooi sap oor.  Strooi die res van die soppoeier oor.  Dreineer die appelkose en gooi oor hoender.  Bak vir 45 minute by 180°C tot gaar.

WOENSDAG:           WARM GROENTE SLAAI

250ml vars room
500g botterskorsie opgesny in ½ - 1cm vingers
400g murgpampoentjies in ringetjies gesny
250g sampieoene
45g bruin uiesop

Spuit oondvaste bak met Spray ‘n Cook en pak groente in 3 lae.  Dit is beter om die botterskorsie onder, murgpampoentjies in die middel en die sampioene bo-op te pak.  Strooi die pakkie bruin uiesop bo-oor en gooi die room eweredig oor die groente.  Bedek die bak met tinfoelie en bak die groente in ‘n oond by 180°C vir 30 – 45 minute of tot die botterskorsie sag is.

DONDERDAG:       MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5 ml koljander
37,5 ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50 ml gerasperde kaas

Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep kors oor vleismengsel.

Kors:
2 eiers
125 ml melk
12,5 ml gesmelte botter
125 ml gaar rys
125 ml meelblom
5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC.

VRYDAG:      Taai ribbetjies met lemoensap
Genoeg vir 4 mense

sowat 1,5 kg lamsribbetjies
MARINADE
80 ml lemoensap
15 ml sojasous
30 ml heuning
60 ml tamatiesoius
15 ml olie
sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sny die ribbetjies in kleiner porsies en meng al die bestanddele van die marinade.
Marineer die ribbetjies vir sowat 30 minute of verkieslik oornag.
Pak die ribbetjies met die marinade in ’n groot oondbak en bedek met foelie.
Bak sowat 30 minute.
Verwyder die foelie en bak tot taai en gaar. (Draai die ribbetjies om sodat dit alkante gebraai word en skep die marinade oor die ribbetjies terwyl dit braai).