Friday 14 September 2018

Souskluitjies



Souskluitjies
Bedien 4-6
2 e botter
2 1/2 e suiker
2 eiers
knippie sout
8 e meel
2 t bakpoeier
5 k water (wat net begin kook)
Sous
1 e vlapoeier
2 e suiker
1 k kookwater
2 e botter
Kaneelsuiker - meng suiker en fyn kaneel na smaak
Room botter en suiker. Voeg eiers by. Roer sout, meel en bakpoeier by. Skep lepelsvol in kookwater. Kook 15 minute met deksel op (moenie loer nie!). Vir die sous, meng die bestanddele saam en kook oor lae hitte tot dik. Bedek die kluitjies met die sous (jy kan die kluitjies met 'n gaatjieslepel in 'n opdienbak uitskep as jy dit minder waterig verkies). Strooi met kaneelsuiker voor bediening.
WENK:
Vir ʼn ligter kluitjie, skei die eiers en voeg slegs die eiergeel by die bottermengsel. Klits dan die eierwit tot styf en vou in by die kluitjiemengsel net voor dit in die kookwater geskep word.