Friday 14 September 2018

Eierpannekoek gevul met romerige spinasie



Eierpannekoek gevul met romerige spinasie
Genoeg vir: 4
Eierpannekoek
• 6 eiers
• 30 ml melk
• 50 ml botter
Spinasievulsel
• 1 ui, gekap
• 250 g sampioene, gekap
• 45 ml koekmeel
• 350 ml melk, of helfte melk, helfte room
• 300 g spinasie, gekap
• 100 g feta, gekrummel
1 Pannekoek
Klop die eiers en melk saam en geur dit. Verhit ’n bietjie botter in ’n klein kleefvrye pan. Gooi ’n kwart van die eiermengsel in en braai dit gaar. Skep dit op ’n warm
bord en bedek dit met foelie sodat dit warm bly terwyl jy die ander drie pannekoeke maak.
2 Vulsel
Soteer die ui en sampioene in die orige botter tot sag. Roer die meel by en dan die melk ’n bietjie op ’n slag. Prut vir ’n paar minute.
3
Voeg die spinasie by en sit die deksel op. Prut tot die spinasie net gaar is. Roer die feta by. Vul die pannekoeke, rol dit op en sit dit dadelik voor.
Idees Tydskrif