Friday 7 September 2018

pasta vir 'n gejaagde lewe



Clanelle se pasta vir 'n gejaagde lewe
Bestanddele
tagliatelle-pasta
2 gerookte hoenderborsies, in repies gesny
1 avokado, in blokkies gesny
1 sirkel fetakaas, in blokkies gesny
1 geel of oranje soetrissie, in blokkies of repies gesny
1 bakkie klein rooi babatamaties, afgespoel
1 bakkie groen pesto
roketblare
broodblokkies, in olie gebak
Metode
Kook pasta tot al dente.
Dreineer die pasta en roer die pesto in.
Voeg die hoender, avokado, feta, soetrissie en tamaties by en roer liggies.
Strooi die roketblare in 'n plat wit bord en gooi die pasta oor die blare.
Versier dit met die broodblokkies.
(RSG)