Friday 7 September 2018

Bolognese-sous



Bolognese-sous
Bestanddele
10 ml (2 teelepels) olyf- of avokado-olie
500 g maer bees- of volstruismaalvleis
1 ui, gekap
1 selderystingel met blare, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
2 wortels, gerasper
10 ml (2 teelepels) elk gedroogde tiemie en gemengde kruie
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 eetlepel) tamatiepasta
30 ml (2 eetlepels) blatjang
2,5 ml (½ teelepel) sout
suurlemoensap en swartpeper na smaak
Metode
1. Verhit helfte van die olie in ‘n groot braaipan en braai maalvleis tot bruin. Skep uit met gaatjieslepel en dreineer enige oortollige vet.
2. Verhit die orige olie in dieselfde pan. Braai ui, seldery, knoffel en groen soetrissie vir ‘n paar minute.
3. Voeg wortels, kruie, tamatie, tamatiepasta, blatjang en sout met die vleis by die ui. Verlaag hitte, bedek en prut 30-45 minute. Geur met suurlemoensap en peper.
Wenke:
1. Om die sous verder te rek, voeg blokkies botterskorsie of eiervrug met die wortels by. ‘n Blik gebakte boonties in tamatie sous kan ook by die sous gevoeg word.
2. Vars of gedroogde kruie, bv. basiliekruid, roosmaryn en origanum is heerlik in die maalvleis.
3. Kerriemaalvleis: Voeg 7,5 ml kerriepoeier en 2,5 ml elk gemaalde komyn en koljander by die ui.
(RSG)