Friday 7 September 2018

Feline se mallemeule rysdis



Feline se mallemeule rysdis
Bestanddele
1 koppie rou bruinrys
1 wortel, gekap
handvol murgpampoentjies, gekap
1 tamatie, gekap, pitjies uit
handvol vlapampoentjies (patty pans)
1 rooi of groen soetrissie
1 koppie kookwater
2 teelepels groente ekstrak
1 koppie room
Metode
Voeg alles, behalwe die room in 'n kastrol in lae - die rys heelonder en dan die res in lae.
Bring tot by kookpunt.
Sit op lae hitte en laat dit prut tot gaar.
Voeg room by.
Laat dit insink en warm word.
Skep in 'n mooi bak en bedien.
(RSG)