Tuesday 28 August 2018

Bottergebraaide kaas- en maalvleisbroodjies



Bottergebraaide kaas- en maalvleisbroodjies
Jy benodig:
4 dik snye tuisgebakte wit boerebrood
300 g maer beesmaalvleis
200 g varkmaalvleis
½ fyngekapte ui
2 fyngekapte knoffelhuisies
½ rooirissie, fyngekap na sade uitgekrap en verwyder is
1 teelepel koljanderpoeier
1 teelepel komynpoeier
Sout en peper na smaak
4 snye kaasplakkies
1 koppie gerasperde kaas
150 g sagte botter
Braai die uie, beesmaalvleis, varkmaalvleis, rooirissie, knoffelhuis, koljander, komyn, sout en peper saam in ʼn pan tot gaar.
Verhit 100 g sagte botter in ʼn pan op lae hitte totdat dit smelt. Smeer een van die snye brood met botter aan die eenkant en plaas dit met botterkant onder in die pan.
Plaas een van die plakkies kaas op die sny brood. Braai vir een minuut totdat die kante van die kaas begin smelt. Skep ʼn paar lepels van die maalvleisvulsel bo-op. Strooi ʼn bietjie van die gerasperde kaas bo-oor. Plaas nog ʼn plakkie-kaas en dan ʼn sny brood bo-op die maalvleisvulsel.
Smeer die bokant van die toebroodjie met botter, draai die hele toebroodjie om en braai die ander kant totdat dit goudbruin en gaar is. Herhaal die proses met die ander toebroodjies. Geniet warm.