Tuesday 28 August 2018

Meksikaanse pizzabrood met salsa



Meksikaanse pizzabrood met salsa
Jy het enodig:
2 aartappels
1 ui, fyn opgekap
2 fyn opgekapte knoffelhuisies
½ koppie opgesnyde pikantrissies (Peppadews) (gebottelde pikantrissies sal ook werk.)
½ koppie opgesnyde rooi of geel paprika
1 opgesnyde rooirissie (saadjies verwyder)
½ koppie opgesnyde gebottelde olywe (ontpit)
½ koppie opgesnyde gaar spek
7 eiers, geklits
1½ koppie gerasperde Cheddarkaas
Sout en peper na smaak
1 avokado, in skywe gesny
Salsa:
2 meduimgrootte tamaties, in fyn blokkies gesny
2 opgekapte knoffelhuisies
1 opgekapte rooirissie
1 fyngekapte ui
2 eetlepels opgekapte pietersielie
1 eetlepel opgekapte koljanderblare
Suurlemoensap van ʼn halwe suurlemoen
Voeg al die salsabestanddele saam en roer goed deur. Plaas in ʼn doopbakkie en sit dit eenkant.
Verhit die oond tot by Grill. Was die aartappels, maar moet dit nie skil nie. Kook die aartappels vir 15 minute in ʼn pot met kookwater. Sny die aartappels in dik skywe. Verhit olie in ʼn groot pan. Braai die uie, knoffel, pikantrissies, paprika, rooirissie en olywe totdat dit gaar is.
Voeg die aartappelskywe by. Roer versigtig deur totdat die aartappels en groente sag is. Voeg die helfte van die geklitste eier, spek, sout, peper en gerasperde kaas by. Voeg die res van die spek en kaas by.
Bak die pizzabrood by lae hitte in die pan met ʼn deksel op. Wanneer die pizzabrood gaar is, plaas dit vir ʼn paar sekondes in die oond om die boonste kaaslaag te seël.
Sit dit eenkant om af te koel. Sny in pizzaskywe sodra die pizzabrood afgekoel het.
Plaas ʼn avokadoskyf bo-op elke pizzaskyf.