Tuesday 28 August 2018

Ystervarkies met ʼn sjokoladekaramelvulsel



Ystervarkies met ʼn sjokoladekaramelvulsel
Jy benodig:
Vir die sponskoek:
2 koppies bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 koppie margarien
1 koppie strooisuiker
4 eiers
1 blik Caramel Treat
250 ml vars room
300 g gesnyde donker sjokolade of melksjokolade
Vir die sjokoladesous:
325 g klapper
500 g versiersuiker
80 g kakao-poeier
180 ml kookwater
80 g gesmelte botter
Verhit die oond tot 180 grade. Voer twee mediumgrootte koekpanne uit met bakpapier. Spuit die bodem en kante goed, sodat die koek maklik uit die pan kan kom.
Sif die bruismeel en bakpoeier saam in ʼn mengbak. Voeg die margarien, suiker en eiers daarby. Klits die beslag goed deur vir twee tot drie minute.
Botter ʼn vierkantige oondpan en bak in die oond vir ongeveer 35 minute of totdat ʼn toetsstokkie skoon uitkom. Plaas eenkant om af te koel.
Kombineer die kakaopoeier, kookwater, versiersuiker en gesmelte botter saam in ʼn glasbak. Roer goed deur totdat alles opgelos is.
Sny die sponskoek in vierkantige blokkies, ongeveer vier tot vyf sentimeter per blokkie.
1.Sny elke blokkie in die helfte deur.
2.Smeer Caramel Treat in elke blokkie en plaas die boonste laag van die sponsblokkie weer terug.
3.Plaas een vir een blokkie in die sjokoladesous, maak seker dat elke blokkie oral bedek is met die sjokoladesous.
4.Rol die ystervarkies in die klapper en bedek goed met klapper.
5.Plaas eenkant op ʼn droograk vir 30 minute of totdat die ystervarkies droog is.
6.Smelt die sjokolade in die mikrogolf vir 30 sekondes en roer goed deur totdat al die sjokolade gesmelt is.
7.Bedek elke ystervarkie met ʼn laag sjokolade.
8.Plaas die sjokoladeystervarkies terug op die droograk totdat die sjokolade hard geword het.
9.Plaas die ystervarkies oornag in die yskas.
10.Klop die room styf.
11.Spuit ʼn lagie room met ʼn spuitbuis op elke sjokoladeystervarkie.
Bedien met ʼn koppie warm tee.