Tuesday, 24 July 2018

Saad-en-jogurt-broodjie



Saad-en-jogurt-broodjie
1 broodjie
Bestanddele
750 ml (3 k) volkoringmeel
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (4 e) sesamsaad
60 ml (4 e) papawersaad
125 ml (½ k) sonneblomsaad
2,5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) melk
2 eiers
500 ml (2 k) gewone jogurt
60 ml (4 e) heuning
7,5 ml (1½ t) koeksoda
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Roer volkoringmeel, koekmeel, sesam-, papawer-, sonneblomsaad en sout bymekaar.
2. Klits melk en eiers en roer jogurt, heuning en koeksoda by.
3. Meng jogurtmengsel by meelmengsel en roer tot goed gemeng.
4. Skep in gesmeerde broodpan en bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom. Wenk: Jy kan ook klein broodjies in minibroodpannetjies bak, maar verminder baktyd na 25 tot 30 min.
(Vrouekeur)

No comments:

Post a Comment