Tuesday 24 July 2018

pannekoek met seekosvulsel



Ma Annetta se pannekoek met seekosvulsel
“(Ma gebruik blikkiesvis en –garnale, ek sou vandag eerder bevrore seekos gebruik. Sy het ook cheddarkaas gebruik as daar nie Parmesan in die huis was nie. Moet asseblief nie ʼn pakkie uiesop by die gereg voeg nie.)
Pannekoek
2 eiers
600 ml melk
500 ml (2 k) meelblom
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
30 ml (2 E) sonneblomolie
15 ml (1 E) brandewyn
olie of kleefwerende kossproei vir bak
Klits die eiers en melk en voeg die droë bestanddele geleidelik by. Klop die olie en brandewyn by. Laat die
Dine deel haar ma se pannekoek resep.
Dine deel haar ma se pannekoek resep.
pannekoekdeeg vir ‘n halfuur staan. Spuit ‘n pan met kleefwerende sproei of versprei net genoeg kookolie in die pan om die bodem te smeer. Verhit die pan en giet pannekoekdeeg aan die een kant van die pan. Kantel die pan en laat die deeg oor die res van die bodem loop. Bak die pannekoek aan die een kant, keer om en bak aan die ander kant. Keer op ‘n bord uit, strooi kaneelsuiker oor en druk suurlemoensap oor. Rol op met ‘n vurk.
Seekos-vulsel
Maak ʼn roomsous van 2 eetlepels botter, 2 eetlepels meel en 1 koppie room (jy kan melk gebruik).
Dreineer ʼn blikkie fyn tuna en ʼn blikkie garnale en roer by. Sout en peper.
Roer 2 eetlepels fyngekapte pietersielie by.
Deel die seekosvulsel in twee.
Skep die helfte in die pannekoeke en rol op. Pak in ʼn oondskottel.
Skep die res van die seekosvulsel bo-op die gevulde pannekoek.
Strooi parmesankaas oor en bak teen 180ºC vir 15 minute.”
(Dine van Zyl)