Tuesday 24 July 2018

HAWERMOUT KOEKIES



HAWERMOUT KOEKIES
Dit is altyd 'n gewilde happie vir 'n kosblik. Gebruik 'n bakplaat van sowat 30 cm x 20 cm
550 ml hawermout
250 ml klapper
250 ml suiker
250 ml koekmeel
3 ml sout
130 g botter
30 ml heuning
5 ml koeksoda
25 ml melk
Meng die hawermout, klapper en suiker. Sif die meel en sout saam. Roer die hawermoutmengsel by die meel. Smelt die botter, voeg die heuning by en laat effens afkoel. Los die koeksoda in die melk op en meng met die bottermengsel. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Druk die mengsel op 'n gesmeerde bakplaat vas en bak vir 20 - 30 minute teen 180 °C. Haal uit en sny dadelik in blokke. Laat in die bakplaat afkoel.