Tuesday 24 July 2018

ProNutro-koekies



Gesonde happies: ProNutro-koekies
Jy het nodig:
- 1 koppie hawermout
- ½ koppie suiker
- 2 koppies volgraan ProNutro
- ½ koppie “extra lite” margarien (ons het dit vervang deur botter)
- 1 eetlepel rou heuning
- 1 teelepel koeksoda
- ½ koppie vetvrye melk
Só maak mens:
1- Voorverhit die oond tot 200°C.
2- Meng die hawermout, suiker en ProNutro in ’n bak.
3- Smelt die margarien/botter en heuning in ’n aparte bakkie in die mikrogolfoond of op die stoof.
4- Voeg die koeksoda by die margarien-/botter-mengsel wanneer dit gesmelt is en roer goed.
Verwyder van die hitte.
5. Voeg die margarien-/bottermengsel en melk by die hawermout en ProNutro en meng alles goed saam.
6- Rol die deeg in balletjies* die grootte van groot albasters en plaas dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Maak die balletjies effens plat met jou handpalm.
Moet nie die beskuitjies te na aan mekaar op die bakplaat plaas nie omdat hulle effens uitsprei.
Bak vir tien minute.
* Moenie bekommerd wees as die mengsel effens krummelrig is nie – dit is perfek vir dié koekie