Thursday 21 June 2018

Vetkoek



Vetkoek
280 g (500 ml) koekmeel...
20 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml botter
250 ml melk

sowat 500 ml sonneblomolie
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg.Onthou om die temperatuur laer te draai wanneer die vetkoek begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier.