Thursday 28 June 2018

SPRINGBOKPASTEI



SPRINGBOKPASTEI
SPRINGBOKVLEIS
2 kg springbokblad, ontbeen
4 lourierblare
6 naeltjies
2 t growwe koljander
sout en peper na smaak
1 liter water

  PASTEIVULSEL
200 g spek, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, gekap
250 g sampioene, fyngesny
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, fyngekap
olie vir braai
½ k blatjang
1 k rooiwyn
1 k sago, geweek vir 30 minute in 3 k van die vleisaftreksel
sout en peper na smaak

  PASTEIDEEG
1½ k koekmeel
4 t bakpoeier
5 ml sout
2 eiers
1 k melk
1 k kookolie
1 ui, dik ringe gesny

SPRINGBOKVLEIS
Sit die vleis, lourierblare, naeltjies, koljander, sout en peper in 'n kastrol saam met die water en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en sit 'n deksel op. Laat die vleis vir 30 minute stoom tot gaar. Gooi die aftreksel af en hou dit eenkant vir later.

PASTEIVULSEL
Week die sago in vir 30 minute in 3 koppies van die vleisaftreksel. Braai die spek, soetrissie, sampioene, knoffel en ui in olie tot bruin. Roer nou die blatjang, rooiwyn en geweekte sago by. Meng die gaar springbokvleis by en roer deur. Laat dit saggies prut vir 5 minute terwyl jy die deeg aanmaak. Geur met sout en peper na smaak.

PASTEIDEEG
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed. Skep nou die deeg hopies bo-op die wildsvleis en bedek heeltemal. Rangskik die uieringe bo-op. In 'n oond, bak dit vir 30 minute teen 180°C tot goudbruin. Met 'n vuur, sit warm kole op die pot se deksel en bak vir 30 minute tot goudbruin.

  (Resep deur Adrene Verdoes)