Thursday 21 June 2018

MIELIE VETKOEKIES



MIELIE VETKOEKIES
BESTANDDELE:
1blik (420g) roomsoort suikermielies
60 ml melk
1 ekstra groot eier...
2 koppies koekmeelblom

2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
Sonneblomolie
METODE:
Klop die suikermielies, melk en eier saam tot gemeng. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg dit by die mieliemengsel en meng.
Skep dessertlepels vol beslag in 3 mm diep, taamlik warm sonneblomolie in 'n braaipan of vlak ysterpot. Braai die vetkoeke eers aan die een kant en daarna aan die ander kant tot mooi goudbruin. Dreineer gaar vetkoeke op papier handdoek. Sit hulle warm voor