Wednesday 6 June 2018

VetKoek



VetKoek
5 x 250 ml koekmeel
5 ml suiker
15 gr droe kits gis...
30 gr margarien
7.5 ml sout

300-340 ml lou water
Genoeg sonneblom olie om in te bak (1.5 lt)
Metode:
1. Meng koekmeel, suiker, sout, en gis.
2. Vryf margarien in meelmengsel.
3. Voeg die lou water by en meng deeglik.
4. Knie deeg baie goed.
5. Smeer plastiek sak goed met olie, plaas deeg daarin en laat rys 60 min.
6. Haal die deeg uit die plastiek sak en knie af en en verdeel in klein of groot stukke. Ek druk dit met n selfgemaakte drukker.
7. Bedek die deeg met plastiek sak.
8. Laat rys vir 15 min.
9. Bak die vetkoek in diep warm olie tot gaar en bruin.
10. Dreineer die vetkoek op kombuispapier.
**Vul die vetkoek met vulsel van jou keuse en geniet dit.