Wednesday 6 June 2018

ROMERIGE MIELIE,KAAS EN HOENDER SOP



ROMERIGE MIELIE,KAAS EN HOENDER SOP

2 hoenderborsies, in blokkies gesny
30 ml botter...
1 ui, fyn opgesny
1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
500 ml melk

500 ml hoender aftreksel
5 ml witpeper
sout na smaak
30 ml mielieblom (Maizena)
2 repies spek,bros gebraai en gesnipper
125 ml room
250 ml gerasperde cheddar kaas
Knippie rooipeper
Smelt die botter in n kastrol en braai die uie en hoender vir 5 minute.
Voeg die mielies, melk, water, peper,rooipeper en sout by.
Verhit oor lae hitte.
Maak die mielieblom aan met ’n bietjie water, sodat dit ’n pasta vorm. Gooi by die sop en roer tot die sop begin verdik.
Kook oor lae hitte vir 10 minute.
Verwyder van die hitte.
Roer die room,spek en kaas by en bedien dadelik.