Wednesday 6 June 2018

HOENDER EN KORING SLAAI



HOENDER EN KORING SLAAI
1 pakie stampkoring gekook volgens die aanwysings op die pakkie,afgespoel met koue water tot al die korrels los is en gedreineer.
2 gaar hoender borsies in blokkies gesny
1 elk rooi,geel en groen soetrissie in blokkies gesny...
1 ui opgesny

1 blik perskes,gedreineer en in klein blokkies gesny
2 eetl gekapte pietersielie
Plaas al die bestandele in n groot slaaibak en meng deur.
Sous:
Sap van een suurlemoen
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 knoffelhuisie fyngedruk
1 tl mosterd poeier aangemaak met n eetl water
2 eetl heuning
2 eetl olyfolie
1 tl chilli vlokkies
Meng alles saam en giet oor die slaai. Meng deur.
Laat staan vir n halfuur en proe dan of die sout en peper genoeg is. Voeg nog by indien nodig.
Bedien koud.