Friday, 29 June 2018

Tee-botterbroodjies



Corli se tee-botterbroodjies
4 k meel
2 t bakpoeier
2 ml sout
3 e botter
2 e suiker
2 eiers
1/2 k melk
Metode
1.Sif alle droë bestanddele saam.
2.Vryf botter in droë bestanddele met vinger punte.
3.Klits eier en melk liggies en meng in tot stywe hanteerbare deeg vorm.
4.Druk liggies plat met hand of roller en druk ronde sirkels uit op deeg.
5.Plaas op bakplaat en smeer eiermengsel bo-op botterbroodjies en plaas in die oond (180C).
6.Bak vir ongeveer 15 minute.

No comments:

Post a Comment