Friday 29 June 2018

Eierbrood-rolletjies



Eierbrood-rolletjies
6–8 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
1 25 g (½ pak) spek, in klein blokkies gesny
1 25 g (½ pakkie) sampioene, fyngesny
5 ml (1 t) gemengde kruie
10–12 snye brood
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
2 eiers
125 ml (½ k) melk
knypie sout en swartpeper
Metode
1.Braai ui, spek en sampioene tot gaar. Sprinkel kruie by en soteer verder.
2.Sny broodkorsies af en druk brood effe platter.
3.Plaas eetlepel vulsel en bietjie kaas aan onderkant van sny brood. Rol broodjie op sodat vulsel in middel is.
4.Klits eiers, melk, sout en peper. Doop broodrolletjie daarin. Braai liggies oor kole of in pan met botter.
Wenk
Smeer die rooster effens met kookolie sodat rolletjies nie vassit nie