Thursday, 28 June 2018

SITRUS STROOPKOEK



SITRUS STROOPKOEK
1 plaatkoek
STROOP:
Fyngerasperde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
375 ml vars uitgedrukte lemoensap
180 ml ligbruinsuiker
30 ml suurlemoensap
30 ml heuning
METODE:
Maak eers dié klits-en-bak-plaatkoek.
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n gesmeerde oondpan met bakpapier uit. Sit die volgende bestanddele in ’n groot bak: 375 ml strooisuiker, 375 g sagte botter, 6 eiers, 750 ml bruismeel, 15 ml bakpoeier, 2 ml sout, 60 ml melk en 10 ml vanieljegeursel. Klits tot dik en glad.
Skep in oondpan en bak vir 30-35 minute. Laat effens afkoel en keer uit op ’n draadrak. Lewer een groot plaatkoek.
Sny plaatkoek se kante af en sit dit op ’n draadrak oor ’n skinkbord neer. Verhit die sitrusskil, lemoensap, suiker, suurlemoensap en heuning oor lae hitte terwyl geroer word tot die suiker gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en kook vir 8-10 minute. Prik koek met ’n toetspen of vurk en skep lepelsvol warm stroop oor afgekoelde koek. Laat goed intrek en sny in porsies. Sit voor met geklopte room of vla. Lewer 40 porsies.


Plaatkoek
Dis blitsig, ekonomies en flopvry.
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn
10 ml vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180 C.
Smeer ’n standaard oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanielje geursel by en pols tot ’n gladde beslag.
Gooi in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 23 - 35min of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.

No comments:

Post a Comment