Wednesday 13 June 2018

Spek-en-eier-broodgebak



Spek-en-eier-broodgebak
Genoeg vir 4 - 6
20 snytjies franse brood, gerooster
botter
250g spekrepe, gehalweer en brosgebraai
2 camembertjase, in skryfies gesny
6 eiers, geklits
250ml room
gebraaide sampioene
sprietuie om voor te sit
Smeer die roosterbroodskyfies met botter. Pak die spek en kaas op 10 skyfies en plaas die ander 10 (botterkant na bo) bo-op. Pak dit knus in 'n gesmeerde oondbak. Voorverhit die oond tot 180C. Klits die eiers en room saam en geur met sout, peper en 'n knippie neutmuskaat. Giet dit stadig oor die broodjies sodat die boonste laag brood ook van die vloeistog kan absorbeer.  Bak vir 25 minute of tot net gaar.  Sit voor met die sampioene en 'n sprinkel sprietuie.