Wednesday 13 June 2018

Klam pampoenbrood



Klam pampoenbrood
500 g pampoenblokke
sout en gemaalde swartpeper
5 groot eiers
15 ml xylitol
150 g botter, gesmelt en afgekoel
250 ml (1 k) dubbeldikjogurt
125 ml (½ k) amandelmeel
125 ml (½ k) klappermeel
10 ml (2 t) bakpoeier
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Voer ’n 18 cm x 8,5 cm-pannetjie met bakpapier uit.
2 Sit die pampoenblokke op ’n bakplaat en geur met sout en peper.
3 Rooster vir 30-35 min. tot sag en droog.
4 Verpulp met ’n stokmenger. Hou eenkant.
5 Klits die eier en xylitol tot lig en donsig.
6 Voeg die botter, jogurt en pampoenpuree by en meng goed.
7 Meng die amandel- en klappermeel en bakpoeier. Gooi die eiermengsel by en meng goed.
8 Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 40-45 min.
Variasies
Geroosterde tamaties met basiliekruidpesto
• Laat die pampoen weg.
• Rooster 1 k kersietamaties tot sag en gaar en roer saam met 30 ml pesto by die basiese beslag in.
Murgpampoentjie-en-fetakaas
1 Laat die pampoen weg. Gooi 1 k grof gerasperde murg-pampoentjies en ’n ¼ k gekrummelde fetakaas by die basiese beslag.