Wednesday 6 June 2018

FRIKADELLE




MOEDER SE FRIKADELLE
1 kg maalvleis
10 ml sout of na smaak
2 ml tiemie...
2 ml fyn koljander
5 ml gedroogde pietersielie

1 ui fyn gerasper
15 ml asyn
5 ml peper
1/2 k oats
1 eiergeel
1 eetl blatjang
Meng alles saam en vorm frikadelle.
Druk elke frikadel effens plat tussen jou handpalms en pak op n skinkbord.
Plaas vir n uur in die yskas.
Rol elke frikadel in meel tot dit heeltemal bedek is en vlakbraai in meduim hitte olie tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuis papier.