Wednesday 13 June 2018

Ouma se winterlekkerte (Melkkos)




Ouma se winterlekkerte (Melkkos)
Bestanddele
1½ - 2 liter melk
1 koppie meel
1 eier
½ teelepel sout
½ koppie suiker
kaneel
Metode
Verhit die melk in 'n kastrol.
Meng die meel en eier met 'n vurk, tot dit frummel.
Voeg die sout by.
Sodra die melk borrels maak aan die kant van die kastrol, voeg die meelmengsel by.
Meng dit met 'n ballonklitser.
Sodra dit dik raak, verlaag die temperatuur, en laat dit vir 8 minute lank prut.
Voeg die suiker by.
Bedien met kaneel.
(RSG)