Wednesday 13 June 2018

Bettie se Coronation-hoender



Bettie se Coronation-hoender
Bestanddele
4 gaar hoenderborsies, in blokkies gesny
2 eetlepels olyfolie
1 ui, fyngekap
1 eetlepel kerriepoeier
500 ml hoenderaftreksel
1 teelepel tamatiepuree
sap van halwe suurlemoen
2 eetlepels blatjang
1 koppie mayonnaise
3 eetlepels room of joghurt
Metode
Verhit die olie en braai die ui tot deurskynend.
Voeg die kerriepoeier by en roer vir 2 minute.
Voeg die ekstrak, puree, suurlemoensap en blatjang by.
Roer totdat dit kook - die vloeistof moet minder raak en 'n dikker tekstuur kry.
Laat dit afkoel en voeg die mayonnaise en room by.
Voeg die hoender by en roer goed.
Bedien warm of koud op rys.
(RSG)