Wednesday 6 June 2018

Ontbyt-kolwyntjies



Ontbyt-kolwyntjies
Jy benodig:
6 geklitste eiers
½ koppie fyngekapte jong spinasieblare
Vier klein tamaties, opgesny
1 koppie gerasperde mozzarellakaas
Vier repies spek (gebraai en opgesny in stukkies)
Ses opgesnyde wit sampioene
2 opgekerfde knoffelhuisies
½ opgekapte groen soetrissie
¼ opgekapte ui
Sout en peper na smaak
Verhit die oond tot 180°C. Bespuit vier kolwyntjie-holtes met Spray n Cook. Braai die tamaties, groen soetrissie, sampioene, ui en knoffel in ʼn pan met ʼn bietjie olyfolie.
Verdeel die spinasieblare, tamatie, spek, sampioene, groen soetrissie, ui, sout en peper tussen die vier kolwyntjieholtes. Voeg die gerasperde kaas en geklitste eier by. Bak in die oond vir 10 tot 15 minute en bedien dadelik.