Wednesday 6 June 2018

Pampoenkoekies met sjokoladeroomsous



Pampoenkoekies met sjokoladeroomsous
Beslag:
2 koppies gaar pampoen, fyngedruk
1 teelepel vanielje-ekstrak
1 geklitste eier
1 koppie bruismeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
1 eetlepel bruinsuiker
Sjokoladesous:
½ koppie bruinsuiker
½ koppie botter
1 koppie vars room
½ teelepel kaneel
40 g gesmelte donkersjokolade
Pypkaneelsuiker:
½ koppie witsuiker
2 teelepels kaneel
Vanielje-roomys (opsioneel)

Klits die fyngedrukte pampoen en eier saam. Voeg die res van die bestanddele by en klits goed deur.
Verhit ʼn bietjie olie in ʼn pan en skep lepelsvol van die beslag in die pan om te braai. Sodra die koekies begin borrels maak, draai hulle om en braai aan die anderkant vir ʼn minuut of twee tot goudbruin.

Meng die suiker en kaneel om kaneelsuiker te maak. Skep lepelsvol van die suiker op die pampoenkoekies terwyl hulle nog warm is.

Verhit die bruinsuiker en botter in ʼn kastrolletjie totdat die suiker gesmelt het. Verminder die hitte en voeg die room, kaneel en sjokolade by. Roer aanhoudend totdat die sous begin verdik. Dit sal ongeveer vyf na agt minute neem vir die sous om tot die helfte te verminder.

Bedien die pampoenkoekies met roomys en warm sjokoladesous.