Wednesday 6 June 2018

KLAM WORTELKOEK



KLAM WORTELKOEK

Voorverhit oond tot 180°C.

375ml suiker...
250ml kookolie
3 groot eiers
5ml vanieljegeursel
375ml koekmeelblom

10ml bakpoeier
13ml kaneel
1ml neutmuskaat
5ml sout
500ml grof gerasperde geelwortels
1 groen appel..grofgerasper of fyngedrukte piesang
125ml gekapte neute van jou keuse

VERSIERSEL
50g sagte margarien
5ml vanieljegeursel
500ml versiersuiker
15ml gerasperde lemoenskil
50ml gladde maaskaas ...as jy nie van maaskaas hou nie kan jy net bietjie suurlemoensap byklits tot na jou smaak.

Klits die suiker..olie...eiers en vanieljegeursel saam.
Sit die droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in.
Voeg die geelwortels..appel en neute by en meng goed.
Skep in gesmeerde 23cm ringkoekpan of 2 ronde koekpanne.
Bak ongeveer 45 minute lank.
Laat 15 minute staan en keer dan op n draadrak uit.

VERSIERSEL
Meng die sagte margarien..vanieljegeursel en versiersuiker.
Voeg die skil en maaskaas by en meng liggies tot glad.
Versier koek.