Thursday 21 June 2018

Durbanse bief-en-boontjie-kerriebrood



Durbanse bief-en-boontjie-kerriebrood
Genoeg vir 6
BESTANDDELE
olie, vir vlakbraai
1 kg ontbeende stowebeesvleis, in happiegrootte blokkies gesny
3 takkies kerrieblare
2 uie, gekap
1 rissie, fyngekap (opsioneel)
15 ml fyn garam-masala
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1,25 liter biefaftreksel
150 g groenbone, in 2 cm-grootte stukkies gesny
1 blik (400 g) rooi nierbone, gedreineer
’n skeut suurlemoensap
’n hand vol koljander, fyngekap
1 groot ongesnyde brood (sandwich loaf)
METODE
1. Verhit ’n bietjie olie oor hoë hitte in ’n kastrol en vlakbraai die vleis in sarsies tot bruin. Geur en plaas eenkant. Voeg die kerrieblare, uie en rissie by en soteer. Plaas die beesvleis terug in die kastrol en meng eers die masala en dan die tamaties by. Voeg die aftreksel by, bedek en laat 1½ uur prut tot die vleis sag is.
2. Voeg al die bone en suurlemoensap by laat 5 minute kook. Voeg die koljander by. Sit die brood op sy onderkant neer en sny die bokant horisontaal af. Hol die brood uit maar laat ’n rand van 2 cm rondom. Vul die brood met die kerrie en dien op.