Thursday 21 June 2018

Gebakte aartappels met spek en sousboontjies



Gebakte aartappels met spek en sousboontjies
Bak die groot aartappels vir sowat ’n uur by 200 °C tot sag.
• 4 x 250 g groot, gaar aartappels
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 8 repies swoerdlose rugspek, in blokkies gesny
• 1 x 400 g-blikkie sousboontjies in tamatiesous
• sout
• 60 ml (¼ k) gerasperde cheddarkaas
• 60 ml (¼ k) suurroom
• 60 ml (¼ k) gekapte sprietuie
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit ’n middelslagpan en braai die spek tot bros.
2 Voeg die boontjies by en braai tot deurwarm.
3 Sny in die lengte ’n doppie van elke aartappel af. Skep versigtig ’n bietjie van die aartappel uit en meng dit deur die boontjiemengsel. Geur met sout indien nodig.
4 Skep die mengsel terug in die aartappels.
5 Strooi die kaas oor en bak die aartappels tot goudbruin en warm.
6 Sit voor saam met die suurroom en sprietuie.