Tuesday 5 June 2018

Beesdroëwors



Beesdroëwors
Bestanddele
15 kg beesvleis trimmings 80/20 (Op die oog af is daar 80% vleis en 20% vet)
1,1 kg droëworsspeserye
1 liter witasyn
1 liter Worcestersous
Metode
Meng die vloeistowwe en speserye en voeg dit by die vleis.
Meng dit behoorlik vir sowat 10 minute.
Maal die mengsel op 5 mm.
Laat dit rus vir ‘n minimum van 1 uur tot 24 uur.
Vul dit met die derm van jou keuse. (Verkieslik natuurlike skaapderm 22/24 diameter)
Hang dit om droog te word.
Maak seker die wors raak nie aan mekaar nie en die daar is genoeg lugvloei.
Tussen 22 en 24 grade Celsius behoort twee en ‘n half dae te neem.
(RSG)