Tuesday 5 June 2018

Wildsdroëwors



Wildsdroëwors
Bestanddele
10,5 kg wildsvleis
4,5 kg vetterige skaap (verkieslik) of beesvleis (of vet na smaak)
1,1 kg kameelhout boereworsspeserye
1 Liter witasyn
500 ml Worcestersous
Metode
Meng die wilds- en skaapvleis of vet.
Meng die vloeistowwe en speserye en voeg dit by die vleismengsel.
Meng dit behoorlik vir sowat 7 minute.
Maal die mengsel op 5 mm.
Laat dit rus vir ‘n minimum van 1 uur tot 24 uur.
Vul dit in die derm van jou keuse. (Verkieslik natuurlike skaapderm 22/24 diameter)
Hang dit om droog te word.
Maak seker die wors raak nie aan mekaar nie en die daar is genoeg lugvloei.
Tussen 22 en 24 grade Celsius behoort twee en ‘n half dae te neem.
(RSG)